Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • MISA vra vir drastiese optrede met werkloosheid wat in SA styg tot 33,7%
    In Suid Afrika doen die Motorbedryf-personeelvereniging 'n beroep op drastiese optrede om die stygende werkloosheid wat nou 33,7-persent bereik het, die hoof te bied. Die vakbond sê 8,6-miljoen Suid-Afrikaners is tans sonder werk en daar is 571-duisend meer werklose mense en 215-duisend poste het verlore gegaan vergeleke met 'n jaar gelede. Die vakbond pleit vir aansporings vir ondernemings wat permanente poste skep, eerder as om op korttermynaanstellings staat te maak. Phakamile Hlubi-Majola van MISA sê die regering, die sakesektor en arbeid moet werkskepping as 'n nasionale krisis benader:
    1 min
  • Outapi hef N$25 daaglikse fooi op onwettige straathandel in
    Die Outapi-stadsraad sal vanaf 16 November ’n daaglikse fooi van 25 Namibiese dollar instel vir persone wat onwettig op straat handel dryf. Die geld sal gebruik word om straatskoonmaakprojekte te finansier en gesondheids- en veiligheidskwessies aan te spreek. Uitvoerende hoof Nashilongo Ananias moedig verkopers aan om eerder van die dorp se sewe beskikbare markte gebruik te maak, waar staanplekke 50 dollar per maand kos. Sommige verkopers meen egter die daaglikse fooi is te hoog en vra dat dit heroorweeg word.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Ramokgopa vra doelbewuste benadering tot kernkragindustrialisering
    Die Suid Afrikaanse minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering moet plaaslike maatskappye doelbewus ondersteun om Suid-Afrika se kernenergie-bedryf te bou. Ramokgopa het tydens die Konferensie oor Kern- en Skoonenergie in Pretoria gesê ’n voorgestelde kern-industrialisering-s-plan van tien gigawatt moet plaaslike vervaardigings-vermoëns en verkrygings-geleenthede identifiseer. Hy erken mislukkings kan gebeur, maar beklemtoon die regering moet innovering en voortgesette ontwikkeling ondersteun:
    1 min
  • Cirrus Capital waarsku oor omvang van BKS se ekonomiese impak
    Namibië se bek-en-klouseer-uitbreking kan 'n veel groter ekonomiese impak hê as bloot verliese in die landbousektor. Die jongste September-syfers van die Namibiese Statistiekagentskap wys reeds die moontlike omvang van die ontwrigting nadat die uitbreking in die laaste week van September verklaar is. Romé Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, sê die maatskappy het 'n model ontwikkel om die impak van die siekte op die breër ekonomie te bereken. Hy verduidelik wat die model se berekeninge oor die moontlike ekonomiese skade toon.
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Prostaatgesondheid: Wat jy moet weet oor A.Vogel Prostasan
    Prostaatgesondheid is ’n belangrike onderwerp vir mans, veral namate hulle ouer word. Kosmos 94.1 gesels oor prostaatgesondheid, algemene prostaatprobleme en A.Vogel Prostasan-kapsules, ’n natuurlike produk wat sonder voorskrif by plaaslike apteke beskikbaar is. Het jy vrae oor die produk of jou gesondheid? Besoek die Living Naturally Health Hub of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
    11 min
  • Ramaphosa keur salarisverhogings vir openbare ampsdraers goed
    President Cyril Ramaphosa het salarisverhogings van 3.5-persent vir openbare ampsdraers vir die 2026/27-boekjaar vasgestel, ná aanbevelings deur die Onafhanklike Kommissie vir die Besoldiging van Openbare Ampsdraers. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die verhogings geld terugwerkend vanaf 1 April 2026. Regters, landdroste, tradisionele leiers, Khoi-San-leiers en leiers van onafhanklike grondwetlike instellings kry 'n vier-persent verhoging. Magwenya sê ekonomiese uitdagings, fiskale bekostigbaarheid en inflasie word in ag geneem:
    1 min
  • Nampol arresteer 227 verdagtes in dwelmverwante sake
    Nampol het 227 verdagtes in hegtenis geneem en meer as 167 000 kg dagga, 6 024 Mandrax-tablette en ander onwettige dwelms in Oktober gekonfiskeer. Woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi sê dat dit 'n diepgewortelde dwelmprobleem weerspieël, en dat wetstoepassing op smokkelaars sal fokus. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die statistieke weerspieël 'n voortdurende stryd.
    1 min