Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Poging om Hegseth te vervolg, voorlopig gestuit
    Pogings om die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, in ’n staat van vervolging te plaas, het in die Amerikaanse Kongres misluk. Hegseth is daarvan beskuldig dat hy oorlog teen Iran gevoer het sonder die Kongres se goedkeuring. ’n Meerderheid van die Huis van Verteenwoordigers het ten gunste daarvan gestem dat die klagtes na ’n komitee verwys word, wat die proses voorlopig effektief beëindig het. Die poging is deur die Republikeinse kongreslid Thomas Massie van Kentucky aanhangig gemaak. Hegseth het tydens sy eerste mediakonferensie by die Pentagon in ses maande die poging tot vervolging as ’n klug en sabotasie beskryf.
    1 min
  • Luvindao staak gesondheidsdirekteure se reise
    Gesondheidminister Esperance Luvindao het reise vir streek-gesondheidsdirekteure verbied totdat basiese kliniekstandaarde verbeter. Luvindao het Dinsdag tydens 'n besoek aan die Katjinakatji-kliniek in Okavango-Wes personeel gekritiseer omdat hulle lae onderhoudsbegrotings as 'n verskoning vir swak higiëne gebruik, en gesê dat dit net toesig vereis.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 10 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Moenie Benni McCarthy se Kenia onderskat: Pitso
    Sokker: Bafana Bafana het begin oefen vir dié maand se twee Afrikabeker-kwalifiseerders teen Kenia. Afrigter Pitso Mosimane het gisteraand sy eerste oefening aangebied sonder Mbekezeli Mbokazi, Lyle Foster en Puso Dithejane, wat in Amerika speel, en Relebohile Mofokeng en Sphephelo Sithole, wat vir Europese klubs speel. Hulle sluit vandag by die groep aan. Suid-Afrika sal die Harambee Stars Vrydag in Johannesburg verwelkom. Mosimane waarsku sy spelers om Kenia onder afrigter Benni McCarthy nie te onderskat nie:
    1 min
  • Land se 'herhaalde waterprobleme moet aangespreek word'
    Amptenare van reg oor Suider-Afrika het vandag in Swakopmund vergader vir die derde Namibiese Streekwatersimposium. Die driedaagse geleentheid fokus op maniere om waterbronne beter te bestuur, samewerking te versterk en oplossings te vind vir die uitdagings van klimaatsverandering en watertekorte. Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Teofelus Nghitila, sê langtermynoplossings vir Namibië se waterprobleme moet gevind word, veral in afgeleë gemeenskappe waar toegang tot water dikwels ’n uitdaging is.
    1 min
  • Die hoouus om 17:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min