Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Al meer SAners steun op verskeie leners terwyl skulddruk toeneem
    Suid-Afrikaners wend hulle toenemend tot kleinhandelaars, mikroleners en aanlyn leners vir kontant namate finansiële druk toeneem. DebtBusters se jongste Skuldindeks toon dat banke nou slegs 65-persent van nuwe skuldberadingsaansoekers se lenings uitmaak, die laagste vlak ooit. Byna twee derdes van aansoekers het kitslenings, terwyl die gemiddelde persoon 'n rekord van 8.8 kredietooreenkomste het. Benay Sager van DebtBusters sê middelinkomsteverdieners word veral onder druk geplaas deur stygende lewenskoste, met toenemende finansiële stres onder jonger en ouer verbruikers:
    Benay Sager Woensdag
    1 min
  • Iipumbu: Tekort aan hulpbronne belemmer beheer by afgeleë grensposte
    Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu sê dat ’n gebrek aan infrastruktuur en hulpbronne steeds probleme by afgeleë grensposte veroorsaak, ondanks die uitbreiding van digitale intelligensie-stelsels. Sy het onlangs in die parlement gepraat en gesê dat samewerking tussen verskillende staatsinstellings en buurlande noodsaaklik is om dwelmhandel oor landsgrense heen te bekamp.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Woensdag, 11 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Vandag kuier Romé Mostert, medestigter en direkteur van Cirrus Capital, in die KosmosKapitaal-nuusateljee. Hy gesels oor bek-en-klouseer wat reeds September se handelsyfers geknou het, ontleed die moontlike impak van die krisis op landbou se totale waardeketting en kyk hoe 'n droogte die situasie verder sal vererger.
    3 min
  • Swem: Tatjana Smith gaan vir Nederland deelneem met die oog op LA 2028
    Suid-Afrika se mees bekroonde Olimpiese atleet, Tatjana Smith, het amptelik besluit om vir Nederland deel te neem, nadat Wêreldwatersport dit goedgekeur het. Die viervoudige Olimpiese medaljewenner, wat in September ná 'n onderbreking van twee jaar teruggekeer het, het beide Suid-Afrikaanse en Nederlandse burgerskap. Haar eerste byeenkoms onder die Nederlandse vlag sal die Wêreldkampioenskap in kortbadswem in Desember in Beijing wees. Smith sê sy wil 'n nuwe rigting in haar sportloopbaan verken, met die oog op die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles:
    1 min
  • DHPS-orkes CHAOS vier 30 jaar met reüniekonsert
    Dertig jaar ná sy ontstaan keer die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DHPS, se skoolorkes CHAOS terug na die plek waar sy musikale reis begin het. Die orkes vier dié mylpaal met ’n reüniekonsert eerskomende Saterdag by DHPS vir voormalige en huidige orkeslede, oud-leerders, ondersteuners en alle musiekliefhebbers. Die sanger Francois Kurz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die reünie verteenwoordig veel meer as net ’n musikale optrede.
    5 min
  • Nashandi: Ekonomiese groei moet werksgeleenthede vir almal skep
    Terwyl Namibië homself posisioneer om voordeel uit nuwe olie-, gas-, groenenergie- en mynbougeleenthede te trek, bly die vraag hoe hierdie groei gewone Namibiërs sal bevoordeel. Dit was ook een van die sentrale kwessies by die Nasionale Beplanningskommissie se 2026-ontwikkelingsvennooteforum, wat in samewerking met die Verenigde Nasies aangebied is. Die kommissie se uitvoerende direkteur, I-Ben Nashandi, sê beleggings moet ook in werksgeleenthede, entrepreneurskap en geleenthede vir plaaslike ondernemings omskep word.
    1 min
  • Hamutenya: Namibië moet De Beers-geleentheid aangryp
    Namibië moet die huidige afswaai in die wêreldwye diamantmark as 'n strategiese geleentheid beskou om 'n groter aandeel in die diamantreus De Beers te bekom. Dit is die mening van Namdia se voormalige besturende direkteur, Kennedy Hamutenya, wat deur Kosmos 94.1 Nuus om kommentaar genader is oor Botswana se planne om sy belang in De Beers te vergroot. Hamutenya sê Namibië kan nie agterbly terwyl Botswana en Angola hul posisie in die diamantbedryf versterk nie. Botswana se president, Duma Boko, het bevestig dat Namibië en Angola deelneem aan 'n beplande oorname van De Beers. Die Namibiese regering het egter nog nie sy deelname onafhanklik bevestig nie.
    1 min
  • Gariseb kritiseer BKS-beperkings oor impak op klein ondernemings
    Intussen kritiseer aktivis Shaun Gariseb regeringsbeleid oor bek-en-klouseer beperkings en sê dit beskerm 'n bevoorregte elite, terwyl klein besighede onderdruk word. Gariseb sê die veebeweging- en slagverbod het kapana-verkopers en klein slagters oornag laat sluit, terwyl groot kleinhandelkettings steeds vleis invoer en pryse verhoog.
    1 min