Old Mutual Namibia het 'n nuwe skoolherwinningsinisiatief van 500 000 Namibiese dollar bekendgestel, wat daarop gemik is om plastiekafval in sporttoerusting te omskep. Deur die Green Goals-projek kan leerders van graad 7 tot AS-vlak elke Vrydag balle wat hulle self uit plastieksakke maak, by deelnemende takke in Katutura, Rundu, Walvisbaai en Lüderitz inruil vir gehalte-sokker- en netbalballe. Die projek moedig leerders aan om plastiek te herwin en terselfdertyd sport by skole te bevorder. Old Mutual se woordvoerder, Mignon du Preez, gee meer besonderhede.