Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Ngurare beveel dringende ingryping oor watertekorte
    Eerste Minister Elijah Ngurare het opdrag gegee dat watertekorte in verskeie gemeenskappe dringend aangespreek word. Hy het by die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund gesê die kantoor van die Eerste Minister het NamWater en die ministerie van landbou opdrag gegee om waterprobleme in die Otamanzi-, Tsandi- en Okahao-kiesafdelings in die Omusatistreek aan te pak. Ngurare sê die regering het meer as een miljard Namibiese dollar tot die watersektor verbind, waarvan meer as 867 miljoen dollar vir infrastruktuurontwikkeling, instandhouding en rehabilitasie bewillig is. Hy beklemtoon dat watersekerheid dringende aandag en volgehoue investering vereis.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Matlala beskuldig Cele hy het geld geëis in ruil vir gunste
    Die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala het die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, daarvan beskuldig dat hy geld in ruil vir gunste geëis het. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Matlala vir Cele met ’n blêrkas vergelyk en gesê betalings was nodig om dinge te laat gebeur. Hy het beweer ses-miljoen-rand en ’n eiendom in Trafalgar, KwaZulu-Natal, is geëis om kwessies rakende vuurwapens op te los en ’n bekendstelling aan die KwaZulu-Natal kommissaris van Polisie, Nhlanhla Mkhwanazi, te reël:
    1 min
  • Namibië en SA moet wateruitdagings gesamentlik aanpak
    Suid-Afrika se water en sanitasie-minister, Pemmy Majodina, sê Namibië en Suid-Afrika moet nouer saamwerk om watertekorte en sanitasie-uitdagings aan te pak. Sy was 'n gasspreker by die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund. Majodina beklemtoon dat samewerking oor gedeelde waterbronne, beter infrastruktuur en nuwe tegnologie noodsaaklik is om gemeenskappe se toegang tot betroubare water te verbeter.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Namibiërs wat SA besoek, gemaan om waaksaam te wees dié vakansieseisoen
    Namibiërs wat beplan om Suid-Afrika in die vakansieseisoen te besoek, word gemaan om ekstra waaksaam te wees en hul veiligheid nie as vanselfsprekend te aanvaar nie. Die besige tydperk bring meer reisigers, drukker winkelsentrums en groter geleenthede vir misdaad mee. Bekende misdaadkenner Mike Bolhuis het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en 'n paar praktiese vakansiewenke gegee.
    1 min
  • Welwitschias reg vir twee kragmetings teen SA Barbarians in Windhoek
    Rugbyondersteuners kan uitsien na opwindende kragmetings wanneer die Welwitschias op 18 en 20 November teen die Suid-Afrikaanse Recklessbear Barbarians op die Hage Geingob-stadion in Windhoek speel. Welwitschias-kaptein Danco Burger sê aan Kosmos 94.1 die wedstryde bied ’n unieke ervaring vir plaaslike rugby, en dat die span gereed is om die uitdaging aan te pak en op eie bodem ’n opwindende vertoning te lewer.
    1 min
  • Landbou se watersekerheid noodsaaklik vir voedselproduksie
    Die landbousektor moet toenemende mededinging om water aanspreek om toekomstige voedselproduksie en landelike lewensbestaan te beskerm. Landboukundige Kobus Laubscher sê mynbou, toerisme en stedelike uitbreiding plaas toenemende druk op beskikbare waterbronne. Hy beklemtoon die belangrikheid van deeglike beplanning, alternatiewe watertegnologieë soos ontsouting en doeltreffende waterbestuur. Hy sê boere moet ook deel van nasionale watersekerheidsbeplanning wees. Hy deel meer met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • TransNamib benodig dieper ondersoek, sê bestuurskenner
    Intussen doen bestuurskenner Pius Dunaiski 'n beroep op 'n dringende en dieper ondersoek na TransNamib. Hy waarsku dat bestuursveranderings alleen nie die instelling se dieperliggende probleme sal oplos nie. Hy sê voortslepende lokomotieftekorte, verouderde infrastruktuur en vertragings met verkrygingsprosesse dui op jarelange bestuursprobleme. Dunaiski sê die president moet ingryp, anders kan die beplande Walvisbaai-Botswana-spoorkorridor nooit verwesenlik word nie.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min