Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Regering kan steeds voordeel trek uit Dangote-projek sonder eienaarsbelang
    Die regering hoef nie 'n direkte aandeel in elke private onderneming te besit om ekonomiese voordeel daaruit te trek nie. Dit is die standpunt van presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo te midde van die debat oor die Dangote Namibia Tank Farm en die beplande streeksoliepyplyn by Walvisbaai. Mbambo sê groot private beleggings kan steeds werksgeleenthede skep, plaaslike ondernemings bevoordeel, vaardighede ontwikkel en belastinginkomste vir die staat genereer. Die regering het bevestig dat hy nie 'n eienaarsbelang in die sowat 41 miljard Namibiese dollar-projek sal hê nie. Mbambo het met die NBC oor die kwessie gepraat:
    1 min
  • Swakopmund reg vir die Shell V-Power-tydren die naweek
    Swakopmund maak die komende naweek gereed vir die Shell V-Power-tydren, die laaste been van die 2026 Nasionale Tydrenkampioenskap. Altesaam 22 motors sal meeding in die S-klas vir sedans en die CR-klas vir bakkies en veldrenvoertuie. Francois Lottering vertel ons meer.
    1 min
  • Visrivier-canyon en Spergebied kry internasionale erkenning
    Die Visrivier-canyon en die Spergebied se uitgestrekte diamantneerslae is deur die Internasionale Unie vir Geologiese Wetenskappe aangewys as deel van die derde groep van 100 internasionale geologiese erfenisterreine. Die Namibiese Toerismeraad se woordvoerder, Flora Quest, sê dié internasionale erkenning kan meer geleenthede vir toerisme, opvoeding en werkskepping vir plaaslike gemeenskappe bied. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat geologiese toerisme geleenthede kan skep.

    Flora Quest Donderdag
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Sonke steun hofstryd oor Noord-Kaapse drankwette
    Sonke Gender Justice sê drankmisbruik dra by tot geslagsgeweld, kindermishandeling en ander maatskaplike probleme. Die organisasie steun die DG Murray Trust se uitdaging in die Konstitusionele Hof teen dele van die Noord-Kaapse drankwet, wat langer handelsure vir alkohol toelaat. Sonke se Amukelani Chauke voer aan gemeenskappe is nie behoorlik geraadpleeg voor die veranderinge aanvaar is nie. Chauke doen 'n beroep op die hof om beperkings op die verkoop van alkohol laat in die nag te behou, ten einde gemeenskappe teen skade te beskerm:
    1 min
  • Steenkamp beklemtoon belangrikheid van nuwe NUST-raad
    Minister van onderwys, Sanet Steenkamp, sê die nuwe raad van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie, NUST, moet bestuurstrukture versterk, leierskap-stabiliteit verseker en agterstallige finansiële verslagdoening aanspreek. Die raad sal vir drie jaar dien, met Leake Hangala as voorsitter en Patricia Olivier as onder-voorsitter. Steenkamp sê die aanstellings kom op 'n belangrike tydstip in die universiteit se ontwikkeling:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Vredesgesprekke tussen Oekraïne en Rusland moeilik maar opbouend - Kushner
    Amerika se spesiale gesant, Jared Kushner, beskryf die afgelope twee dae se vredesonderhandelings met Rusland en Oekraïne in Abu Dhabi as moeilik maar produktief. Hy voeg by die grootste struikelblok is steeds gebiedskwessies. Die onderhandelings het egter geen teken gelaat van deurbrake om die oorlog van byna vyf jaar te beëindig nie. Kushner sê hulle het ooreengekom om op groot skaal gevangenes uit te ruil, en hulle werk daaraan om Europese lande by die onderhandelings te betrek. Moskou was tot dusver gekant teen hierdie multilaterale formaat:
    1 min
  • Matlala sê hy vertrou nie meer vir Brown Mogotsi nie
    Die tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala sê hy vertrou nie meer die beweerde politieke bemiddelaar Brown Mogotsi nie. Hy beweer Mogotsi het die naam van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gebruik om geld van hom te vra. Tydens sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Matlala gesê hy het aanvanklik vir Mogotsi vertrou wat aangebied het om te help met die ondersoek na 'n polisieklopjag op sy huis in Desember 2024. Hy beweer hy het 20-duisend-rand aan Mogotsi betaal vir ondersoekers, en meer as 150-duisend-rand vir die ANC se vieringe op 8 Januarie:
    1 min
  • Swem: DA blameer McKenzie se leierskap vir Tatjana Smith se verhuising
    Die DA sê voortdurende bestuursmislukkings onder die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het bygedra tot die besluit van die Olimpiese swemkampioen Tatjana Smith om Nederland te verteenwoordig. Die party beweer Swem Suid-Afrika word geteister deur wanbestuur en 'n gebrek aan aanspreeklikheid, ten spyte van herhaaldelike oproepe om ingryping. Leah Potgieter van die DA doen 'n beroep op McKenzie om verantwoording te doen vir sy toesig oor nasionale sportfederasies en om die probleme waarmee die sektor te kampe het, aan te spreek:
    1 min