Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Finansiering bly struikelblok vir klein ondernemings
    Toegang tot markinligting alleen is nie genoeg om klein ondernemings in staat te stel om voordeel uit die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied te trek nie. Dit is volgens beleidsontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê toegang tot finansiering en bedryfskapitaal bly een van die grootste struikelblokke vir klein en mediumgrootte ondernemings. Hy sê dié tekort beperk ondernemings se vermoë om produksie uit te brei en die geleenthede wat die vryhandelsooreenkoms bied, ten volle te benut. Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Goeie reën in verskeie dele van die land
    Goeie reën in verskeie dele van Namibië Verskeie dele van Namibië het Woensdag goeie reën ontvang, met van die hoogste neerslae in die Ohangwena-streek. Omungwelume het 25,8 millimeter aangeteken, Omafo 24,4 en Edundja byna 22 millimeter. Khorixas het 13 millimeter ontvang en Otavi 10 millimeter. In die Etosha Nasionale Park is 9,2 millimeter by Halali en vier millimeter by Okaukuejo aangeteken. Die groter seisoenale vooruitsig dui egter steeds op die moontlikheid van ondergemiddelde reënval oor die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson van die Namibiese Weerdiens oor die verdere reënvooruitsigte gesels.
    1 min
  • Okahandja-inwoners bevraagteken uitvoerende hoof se kontrakverlenging
    Die verlenging van Okahandja se munisipale uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo, se kontrak met nog vyf jaar het kritiek van inwoners en gemeenskapsaktiviste ontlok. Sy kontrak strek nou tot Oktober 2031. Aktiviste bevraagteken sy prestasie en wys op probleme soos 'n tekort aan erwe, water- en kragonderbrekings, asook swak vullisverwydering en sanitasiedienste. Hulle doen 'n beroep op die minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, om in te gryp. Kosmos 94.1 Nuus het met die Okahandja-gemeenskapsaktivis Gerub Gaseb gepraat:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • FNB Namibië stel nuwe finansieringsmodel vir grondontwikkeling bekend
    FNB Namibië het ’n finansieringsmodel bekendgestel om munisipaliteite en dorpsrade te help om grondontwikkeling te versnel en ontwikkelingskoste te verminder. Die Grondontwikkelingswaardevoorstel bied lenings van tot drie jaar om infrastruktuur soos paaie, water, rioolstelsels en elektrisiteit te finansier. FNB Namibië se hoof van openbare sektorbankdienste, Hans Bolle, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die model ook daarop gemik is om kommersiële en nywerheidsgrond beskikbaar te stel, beleggings te lok en plaaslike ekonomieë te stimuleer.
    1 min
  • Trump beloof “totale oorwinning” in die oorlog teen Iran
    President Donald Trump sê dis tyd dat Amerika ʼn totale oorwinning behaal in die oorlog teen Iran. Amerika het soldate na die Midde-Ooste ontplooi in aanloop tot die middeltermynverkiesing, en daar is bespiegel dat Washington gereed maak vir ʼn volle militêre aanslag teen Teheran ná die verkiesing. Die oorlog duur reeds byna nege maande. Trump het gister by ʼn Veterane-dag-geleentheid in Virginia gesê Iran maak reeds sedert 1979 oorlog teen Amerika:
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Maumela se Ferrari vir N$10,1m verkoop
    ʼn Luukse Ferrari van meer as elf-miljoen Namibiese dollar wat aan die vermeende tender-bedrieër, Hangwani Maumela, behoort, is op ʼn veilig vir 10,1-miljoen dollar verkoop. Die motor word verbind met die plundery van twee-miljard dollar by die Tembisa-hospitaal. Maumela word beskuldig dat hy die baasbrein was agter drie sindikate wat by die plundery betrek word, en het glo meer as 900-miljoen dollars se tenders van die hospitaal gekry. Die Spesiale Ondersoekeenheid se woordvoerder, Selby Makgotho sê dis ʼn stap in die regte rigting:
    1 min