Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Rugby: Kolisi min gepla oor Frankryk se keuse van Antoine Dupont as losskakel
    Springbok-kaptein Siya Kolisi sê hulle is nie bekommerd oor hoe Frankryk se skakelpaar, kaptein Antoine Dupont en Maxime Lucu, hul Nasieskampioenskap-kragmeting vanaand in Parys sal beïnvloed nie. Suid-Afrika keer terug na die Stade de France, waar hulle Les Bleus in vyf agtereenvolgende wedstryde geklop het. Kolisi sê niemand wil beserings hê nie, maar elke span loop deur en spelers moet in ander posisies speel. Hy sê dis normaal in die sport:
    1 min
  • El Niño verhoog Namibië se droogterisiko
    Namibië staar ’n verhoogde risiko van warmer en droër toestande gedurende die 2026/2027-reënseisoen in die gesig. Onafhanklike weerkundige Vilho Ndeunyema waarsku dat laer reënval oeste, waterbronne en weidingsgebiede vir vee kan bedreig, veral tussen Januarie en Maart 2027. Hy doen ’n beroep op boere en gemeenskappe om vroegtydig voor te berei en water spaarsamig te gebruik.
    1 min
  • Krieket: Cummins sê Khawaja se skuurpapier-bewerings is uiterste onsin
    Australië se toetskaptein, Pat Cummins, ontken sy gewese spanmaat Usman Khawaja se bewerings oor bal-peutery tydens hulle toer in Suid-Afrika in 2018. Khawaja skryf in sy outobiografie, Sabr, die hele span het geweet van die plan om die bal met skuurpapier te skuur tydens die derde toets in Kaapstad. Slegs kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is gestraf. Cummins het in Sydney 'n nuuskonferensie toegespreek:
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Namibië se uraan- en gouduitvoere styg skerp
    Namibië se uraan- en gouduitvoere het in September byna vier-komma-agt miljard Namibiese dollar ingebring. Uraan het meer as verdubbel teenoor dieselfde tyd verlede jaar, terwyl goud ook ’n sterk styging getoon het. Saam het die twee minerale byna 39 persent van die land se totale uitvoerinkomste verteenwoordig.Lauren Graham van die Kamer van Mynwese sê die vooruitsigte vir Namibië se uraanbedryf is positief, met bestaande myne wat produksie verhoog en nuwe projekte wat verdere groei kan ondersteun.
    1 min
  • Zelensky sê Europese lande moet volhou met sanksies teen Rusland
    Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, vra Europese lande om nuwe sanksies teen Rusland in te stel om sy gevegsvermoë te beperk. Die Europese Kommissie berei sy 22ste sanksie-pakket teen Moskou voor. Zelensky het leiers op die Europese Politieke Gemeenskap in Dublin, Ierland, toegespreek en gewaarsku teen die verslapping van ekonomiese beperkings of die opheffing van sanksies as toegewing vir dialoog. Hy sê voortgesette finansiële en handelsdruk is noodsaaklik om Rusland tot ware vredesonderhandelings te dwing:
    1 min
  • SA en China brei samewerking in kunsmatige intelligensie uit
    Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê Suid-Afrika en China streef na wedersyds voordelige samewerking op gebiede soos die digitale ekonomie, kunsmatige intelligensie en energie. Die twee lande wil ʼn talentontwikkeling- en vernuwing-sentrum vir kunsmatige intelligensie in Suid-Afrika vestig. Gina sê dit sal die land se gaping in digitale vaardighede oorbrug, vernuwingsvermoë bou en samewerking met Chinese instellings bevorder. Sy sê voorbereidingswerk is aan die gang:
    1 min
  • Microsoft 365 se Groot Nagmerrie: IT-kenner Stefan Fleidl Gesels met Kosmos 94.1
    Microsoft 365 se probleme het vandag behoorlik vir chaos en frustrasie gesorg! 💻😅 Gelukkig het ons vir Stefan Fleidl, wat in die IT-bedryf werk, raakgeloop en hom sommer spontaan in die Kosmos 94.1-ateljee ingenooi! Ons gesels met Stefan oor die Microsoft 365-probleme, wat moontlik agter die ontwrigting sit en wat dit vir gebruikers en besighede beteken. Luister gerus na hierdie spontane en interessante gesprek!
    6 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min