Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • SA en China brei samewerking in kunsmatige intelligensie uit
    Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Nomalungelo Gina, sê Suid-Afrika en China streef na wedersyds voordelige samewerking op gebiede soos die digitale ekonomie, kunsmatige intelligensie en energie. Die twee lande wil ʼn talentontwikkeling- en vernuwing-sentrum vir kunsmatige intelligensie in Suid-Afrika vestig. Gina sê dit sal die land se gaping in digitale vaardighede oorbrug, vernuwingsvermoë bou en samewerking met Chinese instellings bevorder. Sy sê voorbereidingswerk is aan die gang:
    1 min
  • Microsoft 365 se Groot Nagmerrie: IT-kenner Stefan Fleidl Gesels met Kosmos 94.1
    Microsoft 365 se probleme het vandag behoorlik vir chaos en frustrasie gesorg! 💻😅 Gelukkig het ons vir Stefan Fleidl, wat in die IT-bedryf werk, raakgeloop en hom sommer spontaan in die Kosmos 94.1-ateljee ingenooi! Ons gesels met Stefan oor die Microsoft 365-probleme, wat moontlik agter die ontwrigting sit en wat dit vir gebruikers en besighede beteken. Luister gerus na hierdie spontane en interessante gesprek!
    6 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • DA waarsku SABS se voortbestaan in gedrang te midde van finansiële en bestuursmislukkings
    Die DA sê die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde se voortbestaan is in die gedrang ná ernstige finansiële en bestuursprobleme. In sy 2024/2025-jaarverslag aan die Parlement het die SABS 'n bedryfsverlies van 70-miljoen Namibiese dollar en onreëlmatige uitgawes van 52-miljoen dollar aangemeld, terwyl slegs 56-persent van sy prestasieteikens behaal is. Die DA se Toby Chance het kommer uitgespreek oor onreëlmatige besteding, swak interne beheermaatreëls en die impak van 'n losprys-kuberaanval wat die organisasie se IT-stelsels lamgelê het:
    1 min
  • IPC se Nashinge pleit vir klimaatskoukus
    Die leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering, Immanuel Nashinge, stel voor dat ’n parlementêre klimaatskoukus ingestel word om Namibië se reaksie op klimaatsverandering te versterk en oplossings oor verskeie sektore te bevorder. Nashinge het tydens COP31 in Turkye gesê Namibië kan by buurlande soos Zambië leer, wat reeds groen ekonomiese geleenthede benut. Hy meen Namibië moet ook koolstofkrediete en projekte ondersoek, soos die opvang van metaangas by munisipale riooldamme, om buitelandse valuta te verdien.
    1 min
  • Ramaphosa lei Suid-Afrikaanse KI-afvaardiging na Silicon Valley
    Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sal van 15 tot 21 November 'n hoëvlak Suid-Afrikaanse afvaardiging na Silicon Valley in die VSA lei om ontwikkelings en beleggingsgeleenthede in kunsmatige intelligensie te ondersoek. Die afvaardiging sal met tegnologiemaatskappye, beleggers en navorsers vergader en ook Stanford Universiteit besoek. Die woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, sê die besoek het ten doel om Suid-Afrika se tegnologiese vermoëns te versterk, beleggings te lok en die land as 'n toonaangewende KI-spilpunt op die Afrika-kontinent te vestig:
    1 min
  • Rehabilitasieprogramme vir gevangenes oortref teikens
    Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit, Lucia Iipumbu, sê sy is tevrede met die vordering met rehabilitasie- en herintegrasieprogramme van die Namibiese Korrektiewe Diens. Sy het tydens die Diens se 10de gradeplegtigheid gesê 823 gevangenes het gedurende die eerste helfte van die 2026/2027-boekjaar by verskeie rehabilitasieprogramme ingeskryf. Iipumbu sê die voltooiingskoers van dié programme het 95,65 persent bereik, bo die Diens se teiken van 90 persent. Sy het ook gewys op ’n 100 persent voltooiingskoers vir gemeenskapsdiensbevele en 97,2 persent vir gemeenskapsgebaseerde toesigprogramme.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Verhoor teen regter Hartle gaan voort sonder betwiste telefoonopnames
    Die verhoor teen regter Belinda Hartle van die Oos-Kaapse Hooggeregshof oor rassisme sal voortgaan sonder drie omstrede telefoonopnames. Die tribunaal vir regterlike gedrag het die verdediging se aansoek om die opnames te laat speel van die hand gewys. Die gesprekke is na bewering tussen die klaer, Thozamile Semekazi, en Hartle se man. Hartle ontken sy het ’n rasse-belediging gebruik, maar erken sy het vir Semekazi gevloek. Die verdediging het aangevoer hulle sou Semekazi se geloofwaardigheid kon betwis. Die voorsitter van die tribunaal, Boissie Mbha, het egter beslis dit sou onverantwoordelik wees om die opnames te gebruik:
    1 min