Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Brave Warriors se geldprobleme duur voort
    Die Brave Warriors se finansiële probleme het in Kameroen opslae gemaak nadat die span weens ’n onbetaalde hotelrekening van sowat 320-duisend Namibiese dollar gestrand was. Kameroen se Sokkerfederasie-president, Samuel Eto’o, het ingegryp om die rekening te vereffen. Die Namibiese Sokkervereniging se waarnemende sekretaris-generaal, Mabos Vries, bevestig dat spelers steeds uitstaande toelaes en wenbonusse van sowat 620-duisend dollar verskuldig is. Die vereniging sukkel ook met finansiële druk en beperkte staatsbefondsing.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Bank Windhoek ontken verband tussen bedanking en regsgeskil
    Bank Windhoek ontken enige verband tussen die bedanking van sy hoof van regsinvorderings, Athalia Wallace-McNab, en ’n voortslepende regsgeskil met sakeman Ben ‘BH’ Hauwanga. Die geskil handel oor 90 000 Capricorn Investment Holdings-aandele wat Hauwanga sê hy meer as ’n dekade gelede gekoop het. Hy beweer hy het meer as 117-miljoen Namibiese dollar daarvoor betaal en eis nou volledige rekords oor die aandele se verkryging en latere verkoop. Bank Windhoek se woordvoerder, Jacquiline Pack, sê Wallace-McNab het bedank om ’n persoonlike groeigeleentheid na te streef en dat haar vertrek niks met die geskil te doen het nie.
    1 min
  • Rugby: Kolisi min gepla oor Frankryk se keuse van Antoine Dupont as losskakel
    Springbok-kaptein Siya Kolisi sê hulle is nie bekommerd oor hoe Frankryk se skakelpaar, kaptein Antoine Dupont en Maxime Lucu, hul Nasieskampioenskap-kragmeting vanaand in Parys sal beïnvloed nie. Suid-Afrika keer terug na die Stade de France, waar hulle Les Bleus in vyf agtereenvolgende wedstryde geklop het. Kolisi sê niemand wil beserings hê nie, maar elke span loop deur en spelers moet in ander posisies speel. Hy sê dis normaal in die sport:
    1 min
  • El Niño verhoog Namibië se droogterisiko
    Namibië staar ’n verhoogde risiko van warmer en droër toestande gedurende die 2026/2027-reënseisoen in die gesig. Onafhanklike weerkundige Vilho Ndeunyema waarsku dat laer reënval oeste, waterbronne en weidingsgebiede vir vee kan bedreig, veral tussen Januarie en Maart 2027. Hy doen ’n beroep op boere en gemeenskappe om vroegtydig voor te berei en water spaarsamig te gebruik.
    1 min
  • Krieket: Cummins sê Khawaja se skuurpapier-bewerings is uiterste onsin
    Australië se toetskaptein, Pat Cummins, ontken sy gewese spanmaat Usman Khawaja se bewerings oor bal-peutery tydens hulle toer in Suid-Afrika in 2018. Khawaja skryf in sy outobiografie, Sabr, die hele span het geweet van die plan om die bal met skuurpapier te skuur tydens die derde toets in Kaapstad. Slegs kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is gestraf. Cummins het in Sydney 'n nuuskonferensie toegespreek:
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Namibië se uraan- en gouduitvoere styg skerp
    Namibië se uraan- en gouduitvoere het in September byna vier-komma-agt miljard Namibiese dollar ingebring. Uraan het meer as verdubbel teenoor dieselfde tyd verlede jaar, terwyl goud ook ’n sterk styging getoon het. Saam het die twee minerale byna 39 persent van die land se totale uitvoerinkomste verteenwoordig.Lauren Graham van die Kamer van Mynwese sê die vooruitsigte vir Namibië se uraanbedryf is positief, met bestaande myne wat produksie verhoog en nuwe projekte wat verdere groei kan ondersteun.
    1 min
  • Zelensky sê Europese lande moet volhou met sanksies teen Rusland
    Oekraïne se president, Volodimir Zelensky, vra Europese lande om nuwe sanksies teen Rusland in te stel om sy gevegsvermoë te beperk. Die Europese Kommissie berei sy 22ste sanksie-pakket teen Moskou voor. Zelensky het leiers op die Europese Politieke Gemeenskap in Dublin, Ierland, toegespreek en gewaarsku teen die verslapping van ekonomiese beperkings of die opheffing van sanksies as toegewing vir dialoog. Hy sê voortgesette finansiële en handelsdruk is noodsaaklik om Rusland tot ware vredesonderhandelings te dwing:
    1 min