Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Namibië kritiseer VN oor beëindiging van Wes-Sahara-vredesending
    Namibië het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad daarvan beskuldig dat hy die mense van Wes-Sahara in die steek gelaat het, ná die beëindiging van die VN se 35 jaar lange vredesending in die gebied op 31 Oktober. Die Veiligheidsraad kon nie oor ’n verlenging van die sending se mandaat ooreenkom nie, nadat Rusland ’n Amerikaanse resolusie geveto het en ’n alternatiewe Russiese voorstel nie genoeg steun gekry het nie. Namibië se ambassadeur by die VN, Penda Naanda, het die Algemene Vergadering toegespreek en gewaarsku dat die besluit toesig oor die skietstilstand en die Sahrawi-volk se reg op selfbeskikking in gevaar stel.
    1 min
  • Springbokke pak Frankryk in belangrike Parys-kragmeting
    Die Springbokke kom vanaand in Parys teen Frankryk te staan in ’n belangrike kragmeting in die Nasieskampioenskap. Ná hul oortuigende sege van 66-7 oor Italië het afrigter Rassie Erasmus twee veranderinge aan die span aangebring, met Wilco Louw wat na die beginspan skuif en Cobus Reinach wat op die plaasvervangersbank ingesluit is. Erasmus wil voortbou op die span se goeie momentum. SuperSport se Brendan Nel het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • ISAP bied Junior Ranger-kamp vir jongmense aan
    Intelligence Support Against Poaching (ISAP) bied van 5 tot 13 Desember ’n agt dae lange Junior Ranger-kamp aan vir jongmense tussen 13 en 18 jaar. Die kamp bied praktiese wildernisopleiding, met onder meer spoorsny, navigasie, basiese noodhulp, wildlewekennis en oorlewingsvaardighede. Deelname beloop 7 000 Namibiese dollar per leerder, wat verblyf, etes, mediese ondersteuning en vervoer insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Fritz Kaufmann van ISAP gepraat.

    Bel Fritz by 081 127 7491 vir meer besonderhede.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • HyIron en Mercedes-Benz ondersoek groenstaalproduksie in Namibië
    Namibië se ambisie om 'n rolspeler in die wêreldwye groenstaalbedryf te word, kry verdere momentum deur 'n nuwe vennootskap tussen die Duits-Namibiese maatskappy HyIron en Mercedes-Benz. Die twee maatskappye het 'n ooreenkoms onderteken om die industriële produksie van laekoolstof-yster met behulp van groen waterstof te ondersoek. Volgens Jona Musheko, woordvoerder van die Namibiese Groenwaterstofprogram, bou die samewerking voort op suksesvolle loodstoetse met plaaslike ystererts en kan dit die weg baan vir skoner staalproduksie in die motorbedryf se voorsieningsketting.
    1 min
  • Behuising: Voorgestelde projek teiken 50 260 nuwe erwe
    Windhoek kan moontlik ’n nuwe woonbuurt in sy noordelike buitewyke kry, met die voorgestelde Monte Christo-ontwikkeling wat 50 260 residensiële erwe kan oplewer. Die projek kom te midde van Namibië se groeiende behuisingstekort en die regering se teiken om binne vyf jaar 50 000 huise te bou. Die ontwikkeling, waarby Nuvella, Emeraldsands Platforms en die Zimbabwiese eiendomsontwikkelaar WestProp Holdings betrokke is, is by Staatshuis aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah voorgelê. Met die eerste jaar van haar administrasie reeds verby, sê die President dit is belangrik om vordering met die behuisingsteiken te evalueer.
    1 min
  • El Niño: Namibië kan 'n uitdagende reënseisoen in die gesig staar
    Namibië kan in die komende reënseisoen ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature verwag, namate El Niño in die Stille Oseaan versterk. Seisoenale vooruitskattings dui daarop dat dié toestande tussen Oktober en Maart 2027 oor die grootste deel van die land kan voorkom. Dit kan verdere druk op boere, veeboere en gemeenskappe plaas wat reeds met watersekerheid en droogtetoestande worstel. Professor Willem Landman, hoogleraar in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, het meer oor die vooruitsigte.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Vrydag, 13 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante mag dalk hul eertydse glans in Namibië verloor, maar die land se uraan- en goudbronne skitter. In vanoggend se KosmosKapitaal kyk ons na hoe die kommoditeite toenemend buitelandse verdienste laat invloei en gesels ons met Lauren Graham, ekonoom van die Kamer van Mynwese in Namibië, oor die blink toekoms vir uraan.
    3 min
  • Mynbouproduksie daal met 10,7% in September in SA
    Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in September met 10,7-persent gedaal vergeleke met 'n jaar gelede. Die afname is hoofsaaklik veroorsaak deur laer produksie van ystererts, steenkool, platinumgroepmetale en diamante. Mynbouproduksie is egter 2,8-persent meer as in Augustus. Juan-Pierre Terblanche van StatsSA sê die verkoop van minerale het gedaal met 4,1-persent in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, met laer verkope van ystererts, platinumgroepmetale en goud wat tot die afname gelei het:
    1 min