Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Donderdag, 12 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Is Namibië se nismarkte vir tafeldruiwe en dadels in gevaar met Suid-Afrika wat na nuwe afsetgebiede soek omdat sy Agoa-status in gedrang is? Ons gesels met Simonis Storm-ontleder, Almandro Jansen. En moet die regering 'n aandeel in Namibiese besighede besit? Presidensiële mediasekretaris Jonas Mbambo dink nie so nie.
    4 min
  • SA se vervaardigingsektor herstel met 0,9% groei
    Suid-Afrika se seisoenaal aangepaste vervaardigingsproduksie het tussen Julie en September 2026 met 0,9-persent toegeneem vergeleke met April tot Junie 2026. Nicolai Claassen van Statistiek Suid-Afrika sê dié styging het die sektor gehelp om effens te herstel ná 'n afname van 1,6-persent. Claassen bevestig kos en drank het die grootste positiewe bydrae gelewer uit die vyf vervaardigingsafdelings. Hy waarsku egter die sektor gaan steeds steeds gebuk onder hoë produksiekoste en logistieke uitdagings:
    1 min
  • Geen nuwe BKS-gevalle, maar toesig word verskerp suid van Rooilyn
    Daar is steeds geen nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die land aangemeld nie, maar die landbouministerie verskerp sy toesig- en moniteringspogings suid van die Rooilyn en buite die ||Kharas-streek, insluitend kommunale gebiede. Die risikogebaseerde monitering sal fokus op vroeë opsporing van die siekte, asook 'n beoordeling van die risiko dat dit na gebiede buite die huidige geaffekteerde gebied kan versprei. Inentingspogings duur ook voort. Woordvoerder Romeo Muyunda het die maatreëls tydens die ministerie se weeklikse inligtingsessie aangekondig.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 11 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • De 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Blitsbokke sukkel met beserings
    Rugby: Die Blitsbokke het nog beseringsprobleme voor die nuwe seisoen. Die spelskepper Shilton van Wyk en kaptein Impi Visser is nou ook op die krukkelys nadat die voorspelers, Zander Reynders en Jayden Nel, vroeër beseer is. Afrigter Philip Snyman sê Visser kan dalk reg wees vir die eerste toernooi in Dubai later die maand. Hy beplan om diepte te bou in die eerste ses toernooie en in die laaste drie Olimpiese kwalifisering te bekom:
    1 min
  • Ontsouting, afvalwater-hergebruik 'noodsaaklik in Erongo'
    Landbouminister Inge Zaamwani-Kamwi sê dat die land se sanitasieteikens buite bereik bly, met 39,4 persent van die bevolking wat steeds nie toegang tot behoorlike sanitasiegeriewe het nie. Tydens die derde Namibiese Streekswatersimposium in Swakopmund het sy ook gewaarsku dat die Erongo-streek se vinnige nywerheidsgroei toenemende druk op waterbronne plaas. Sy sê ontsouting, die hergebruik van afvalwater en beter waterbestuur is noodsaaklik om toekomstige watersekerheid te verseker.
    1 min