Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Sokker: Khumalo aangestel as ondervoorsitter van SAFA se tegniese komitee
    Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná 'n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie van nasionale spanne. Jordaan sê Khumalo bring besondere ervaring uit sy loopbaan as speler, sowel as sy vorige rolle in afrigting en tegniese hoedanighede by Kaizer Chiefs en Baroka FC:
    1 min
  • Ekurhuleni se energieprogram kan N$36-miljard bespaar
    Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê die stad se program vir onafhanklike kragprodusente kan beleggings van 6,2-miljard-Namibiese dollar lok en oor 20 jaar ’n besparing van 36-miljard dollar op grootmaat-elektrisiteit teweegbring. Xhakaza sê die stad se aansoek om ’n ministeriële bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering, bied regulatoriese sekerheid aan produsente om befondsing te vind met die oog op konstruksie. Die bepaling stel die stad in staat om elektrisiteit regstreeks van onafhanklike kragprodusente aan te koop. Hy sê die inisiatief kan energiesekerheid versterk, werksgeleenthede skep en bekostigbare elektrisiteit aan inwoners en ondernemings verskaf:
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • IPC-LP sê jeug moet help om beleidsoplossings te vorm
    IPC-LP John-Louw Mouton sê vandag se jeug bring ’n duidelike tegnologiese perspektief en moet help om beleidsoplossings te vorm, eerder as om bloot aan politieke roetine deel te neem. Aan die einde van die Jong Parlementariërs-koukus se werkswinkel het Mouton beklemtoon dat jong wetgewers as toekomstige leiers van die land uniek geposisioneer is om konkrete oplossings vir moderne uitdagings te bied.
    1 min
  • Dinsdag, 20 Oktober 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Toerisme is in 4x4 en veral luukse bestemmings is besig om die sektor terug op die spoor te kry. Ons berig ook hoe die jagbedryf in Suid-Afrika die bek-en-klouseerstryd takel en ReconAfrica boor weer volstoom in die Kavango-bekken in die Noorde.
    3 min
  • Man in hegtenis ná BBP-sekuriteitsbreuk by Eros-lughawe
    Die 25-jarige psigiatriese pasiënt Modestus Ndidalelwa is in hegtenis geneem nadat hy onwettig toegang tot die BBP-perseel van die Eros-lughawe op 12 Oktober verkry het. Dit is die tweede keer dat 'n psigiatriese pasiënt sekuriteit ontduik by persele wat hoogs bewaak behoort te wees. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dat Ndidalelwa aangekla is van oortreding en in die hof verskyn het. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Schutt waarsku Baynes-projek kan verbruikers duur kos
    Energiekenner Harald Schutt waarsku teen die versnelde Baynes-waterkragprojek, en sê dat dit nooit sy massiewe konstruksiekoste sal verhaal nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Schutt gesentraliseerde megastasies as verouderd bestempel en sê dat swaar padinfrastruktuur, langafstand-oordrag en finansieringskoste uiteindelik elektrisiteitstariewe vir verbruikers sal opdryf:
    1 min
  • NNN sien geleenthede in gesamentlike energieprojekte met Angola
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië en Angola moet hul ekonomiese bande verdiep deur handel uit te brei en vaardighede en kundigheid te deel, om meer waarde uit hul natuurlike hulpbronne te ontsluit. By die inleidende Angola–Namibië Tweesydse Kommissie in Luanda het sy na geleenthede vir samewerking in die olie- en gassektor gewys, insluitend moontlike samewerking rondom Angola se Lobito raffinadery. Sy sê die vennootskap kan baat uit Angola se gevestigde nywerheids-ervaring terwyl Namibië sy eie ontluikende petroleum-sektor ontwikkel.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…