Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Plaaslike Konstitusionele Hof nie nou dringend nodig: LAC
    Die Regshulpssentrum sê voorstelle om 'n Konstitusionele Hof in Namibië te vestig is nie tans dringend nie, midde debat oor of die land 'n toegewyde hof vir grondwetlike sake nodig het. Dit volg na die voormalige parlementslid Hidipo Hamata sy steun aan die idee toegesê het, met die argument dat dit groter spesialisering in grondwetlike uitsprake moontlik sal maak. Die sentrum se direkteur, Toni Hancox, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Swapo, ECN beroof kiesers van hul stemme: LPM
    Die LPM beskuldig Swapo daarvan dat die party vorige verkiesings gesteel het en die regbank gebruik het om homself van aanspreeklikheid te beskerm. Die LPM se hoofsweep, Dawid Eigub, beweer dat die uitvoerende gesag en die Verkiesingskommissie kiesers sistematies van hul stemme beroof het deur opposisiepartye van plaaslike stembriewe af te hou. Hy het vandag tydens 'n perskonferensie gepraat.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Horner erken rol in omstrede 2021 Abu Dhabi Grand Prix
    Motorsport: Red Bull se voormalige spanhoof, Christian Horner, erken hy het druk geplaas op die destydse wedren-direkteur, Michael Masi, tydens die beslissende Abu Dhabi Grand Prix van 2021. Masi is uit sy pos onthef oor 'n laat veiligheidsmotor-ontplooiing, waarna Max Verstappen van Red Bull vir Lewis Hamilton van Mercedes kon verbysteek en sy eerste wêreldkampioenskap inpalm. Horner sê hy het Masi gevra om nie die wedren agter die veiligheidsmotor te laat eindig nie:
    1 min
  • Mbeki ontken hy het apartheid-generaals beskerm
    Oudpresident Thabo Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het verskeie aansoeke om presidensiële kwytskelding goedgekeur. Die kommissie ondersoek bewerings van politieke inmenging in sake van die Waarheids-en-Versoeningskommissie. Hy sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is 'n versinsel. Hy sê hy het wel met veiligheidsmag-generaals vergader wat wou hê onder andere oudpresident FW de Klerk moes voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Amnestiekomitee getuig.:
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Duitse debat oor volksmoord ' 'n klein oorwinning'
    Sima Luipert van die Nama Tradisionele Owerheid sê die debat in die Duitse parlement is 'n kragtige oomblik vir die afstammelinge van die Nama- en OvaHerero-volksmoord. Sy sê egter dat hoop op dade gegrond moet wees. Dit kom terwyl wetgewers versoeke oorweeg dat Duitsland volle wetlike verantwoordelikheid aanvaar en omvattende herstelbetalings direk aan die afstammelinge van volksmoord-slagoffers maak. Luipert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Oekraïne sal oorlog moeilik wen as VSA Putin steun - Zelensky
    Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ʼn geskiedkundige fout wees indien Amerika amptelik standpunt inneem saam met president Vladimir Putin van Rusland. Die verhouding tussen Washington en Kiëf het verswak nadat Amerika verlede week ʼn omstrede diesel-invoerooreenkoms met Rusland gesluit het. President Donald Trump beskuldig Zelensky dat hy nie die oorlog wil beëindig nie. Zelensky het teenoor NBC News erken Oekraïne sal sukkel om die oorlog te wen sonder Amerikaanse ondersteuning:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…