Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
June 12, 2022Leefwêreld van die gestremde 12 Junie 2022Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede, wat die afgelope 85 jaar ondersteuning en hulp aanbied. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwasse persone met verstandelike en liggaamlike gestremdhede in Mpumalanga....more25minPlay
June 05, 2022Leefwêreld van die gestremde 5 Junie 2022Fanie du Toit gesels met Janine Stampher van Camphill Village aan die Weskus. Dit is in 1964 gevestig, en was die eerste sentrum vir gestremde volwassenes in Suid-Afrika. Hulle maak plaasprodukte, en is veral bekend vir hulle rogbrood. Jacqui January gesels met Jessica en Johannes Gribb, ‘n blinde paartjie wat voluit lewe en nou goud los geslaan het in die Nasionale Rolbalkampioenskap in die afdeling vir paartjies. Hulle vertel hulle verhaal met humor en ‘n positiewe ingesteldheid....more26minPlay
May 29, 2022Leefwêreld van die gestremde 29 Mei 2022Fanie du Toit gesels met 'n ma oor die hantering van gestremde en nie-gestremde kinders in dieselfde huishouding. Jacqui January vind meer uit van die maatskaplike dienste wat Badisa aan die mees kwesbare persone lewer. Hulle sorg vir ouer mense met funksionele gestremdhede en jong kinders en gesinne in nood....more23minPlay
May 22, 2022Leefwêreld van die gestremde 22 Mei 2022Fanie du Toit gesels met Tersia de Kok oor die hearX Stigting. Hulle fokus op die bewusmaking van wat blootstelling aan geraas vir lang periodes aan jou gehoor doen. Jacqui January gesels met Alcinon Cloete van Steinkopf in Namakwaland oor die Namaqua Wheelchair Clinic, ‘n nie-winsgewende maatskappy wat rolstoele te herwin, herstel en onderhou vir behoeftige mense. Dit is die enigste maatskappy in Namakwaland wat hierdie soort ondersteuning bied....more26minPlay
May 15, 2022Leefwêreld van die gestremde 15 Mei 2022Die Tygerberg Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede bestaan al sedert 1932. Van die grootste uitdagings waarmee hulle te kampe het, is openbare vervoer vir persone met gestremdhede. Gebaretaal word by die Universiteit van die Vrystaat aangebied, en sowel doawe as horende studente kan in die vak fokus tot op doktorale vlak. Daar is nou ook ‘n aanlynkursus beskikbaar vir die publiek wat gebaretaal wil leer. Handgebare word uitgebeeld in die emojis op ons slimfone - dra dit enigsins by tot ‘n kultuur van gebaretaal?...more27minPlay
May 08, 2022Leefwêreld van die gestremde 8 Mei 2022Akteur Erik Holm vertel van sy houtdraaiwerk, en hoe hy as kwadrupleeg weer moes leer om kitaar te speel. Aniki Theart is ‘n dansinstruktrise en afgetrede onderwyseres. Sy het n.a.v. haar eie uitdagings begin dans, leer nou vir kinders met gestremdhede om ook te dans....more26minPlay
May 01, 2022Leefwêreld van die gestremde 1 Mei 2022Fanie du Toit gesels met akteur Erik Holm oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die ongeluk waarin hy sy nek gebreek het. Jacqui January gesels met 'n joernalis en skrywer oor navorsing wat is gedoen is oor die impak wat verslagdoening oor geestesongesteldhede op joernaliste het....more26minPlay
April 24, 2022Leefwêreld van die gestremde 24 April 2022Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, en 'n projek vir werkskepping vir persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met rolbalspeler Herman Scholtz. Hy het slegs 5% sig, en is al plaaslik en internasionaal bekroon vir sy vaardighede as rolbalspeler....more23minPlay
April 17, 2022Leefwêreld van die gestremde 17 April 2022Fanie du Toit hoor van die werksaamhede van Epilepsie SA. Jacqui January gesels met 'n enkelma oor die uitdagings van ouers met kinders met spesiale behoeftes en gestremdhede....more23minPlay
April 10, 2022Leefwêreld van die gestremde 10 April 2022Fanie du Toit kry antwoorde na aanleding van luisteraarsvrae oor die rabat op die invoer van aangepaste voertuie. Emile Gouws gesels ook saam oor outisme. Jacqui January gesels met 'n boervrou wat, ná 'n motorongeluk, 'n tetrapleeg is....more24minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.