SARDA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat perdryterapie verskaf aan mense met spesiale behoeftes. Hulle word gekonfronteer met baie uitdagings, ondermeer ‘n grondeis, maar die organisasie beur voort om dienste, al vir byna 50 jaar, aan gestremdes te lewer. Hoe kan ‘n trustfonds gestruktureer word om voorsiening te maak vir ‘n persoon met 'n gestremdheid wanneer hulle voog of voorsiener tot sterwe sou kom?