Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
July 27, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January hoor watter uitwerking breinbeserings op die beseerde en die familie het. En Fanie du Toit kyk na baanbrekerswerk wat wêreldwyd gebruik word in kognitiewe rehabilitasie, en die rol wat tegnologie in die lewe van persone met gestremdhede speel, op skool, maar veral in die werkplek....more27minPlay
July 20, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit hoor hoe ouer mense die liggaamlike en geestelike verlies van oudererdom van hanteer. Hy hoor ook hoe dit lewenskwaliteit beïnvloed. En Jacqui January vertel hoe Jan en San Publiek betrokke kan raak om die lewe van siggestremde en blinde mense te verbeter....more26minPlay
July 13, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit sit sy gesprek voort met die maatskaplike werker van die ACVV. Hulle kyk na die simptome van verstandelike agteruitgang by ouerwordende persone. En Jacqui January vind meer uit van die belastingvoordele vir persone en organisasies wat donasies of skoolgeld skenk vir mense met gestremdhede....more22minPlay
July 06, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January praat met 'n paartjie oor die lewe van blindes. Die man wat blind gebore is, het afgetree, en hulle is baie aktief in Blind S.A. Fanie du Toit gesels met 'n verteenwoordiger van 'n organisasie wat al vir meer as 'n honderd jaar ouer wordende persone versorg....more22minPlay
June 29, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit het inligting oor parkeerskyfies vir die gebruik in openbare plekke en Jacqui January gesels met 'n spraaktaalterapeut oor 'n simposium oor outisme....more25minPlay
June 08, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit vertel meer oor die werk en integrasie van maatskaplike werkers. Hoe om 'n maatskaplike werker te kontak en die uitdagings in dienslewering wat maatskaplike werkers se taak kortwiek. Jacqui January vind uit oor die redelike akkommodasie en toegangklikheid van teaters vir o.a. rolstoelgebruikers en mense met gehoorverlies....more25minPlay
May 25, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January fokus op self- en groepsbemagtiging ter ondersteuning van ouers, onderwysers en kinders met gestremdhede. En Fanie du Toit fokus op uitdagings en die nodige hulpbronne vir kinders met spesiale behoeftes in landelike gebiede....more29minPlay
May 18, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January gesels oor breinbeserings wat tydens traumatiese gebeurtenisse opgedoen word. Voetgangers wat in motorongelukke beseer is, is by verre die meeste van die getalle wat aangemeld word van hierdie soort traumatiese breinbeserings. Fanie du Toit fokus op intellektuele gestremdhede by volwassenes. Wat is die profiel van hierdie mense, en hoe verskil dit van 'n persoon met 'n leergestremdheid....more28minPlay
May 11, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit gesels gesels met dames van Camphill Village op die Weskus oor 'n tehuis vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. En Jacqui January gesels met Irene en Julie Fischer, 'n ma dogter wat baie leer van mekaar ná 'n ongeluk waarin een van hulle 'n breinbesering opgdeoen het. Spraakterapeut Cindy Holtzhausen gesels saam oor ondersteuning aan mense wat breinbeserings het....more27minPlay
May 04, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January gesels met Christo de Klerk, 'n blinde persoon en 'n regte boekwurm. Hy vertel hoe hy tegnologie inspan om aan sy leesbehoefte te voldoen. Hy vertel ook van toeganklikheid vir blindes, veral in die bankwese. Fanie du Toit gesels met Dorothy-Anne Howitson oor die toename in siektes wat deur inenting voorkom kan word. Sy het polio as kind gehad, en is liggaamlik erg gestremd....more24minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.