Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
December 14, 2019Leefwêreld van die gestremde 15 Desember 2019Jacqui January gesels met 'n ma van 'n dogtertjie met 'n seldsame siekte, Rett-sindroom. Sy vertel van haar kind se ontwikkeling tot 18 maande en die algehele agteruitgang daarna. En Fanie du Toit hoor watter rol 'n teater speel in ondersteuningsgroepe vir mense met gestremdhede....more21minPlay
December 07, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit praat met dr. Reinette Weyers, 'n ouer van 'n kind wat met outisme gediagnoseer is. Sy deel die pad wat sy en haar gesin gestap het. Sy gee ook raad aan ander wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind....more13minPlay
November 30, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit praat met Richard Bremner van Graaff-Reinet oor die werksaamhede van Boundless, 'n werksfasiliteit vir persone met gestremdhede. Die projek vervaardig 'n verskeidenheid handgemaakte produkte, wat mense met gestremdhede in die landelike gebiede van die Oos-Kaap bemagtig....more11minPlay
November 23, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January gesels met Hannes Viljoen, 'n aktivis wat hom beywer vir hulp aan ouers en versorgers van kinders met spesiale behoeftes. Hy stel binnekort 'n virtuele vergadersentrum bekend vir ouers waar hulle hulle probleme en uitdagings met mekaar kan deel. En Fanie du Toit hoor van maatskaplike dienste en werkskepping vir mense met gestremdhede in die Oos-Kaap....more26minPlay
November 16, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January en Fanie du Toit gesels met die Nasionale Direkteur van die Raad vir en van Gestremdes, oor die program Leefwêreld van die Gestremde wat 17 jaar gelede op RSG begin het, en baanbrekerswerk tot gevolg gehad het. En Fanie du Toit hoor van gemeenskapsondersteuning vir rolstoelgebruikers. Mense bring vier ure in rolstoele deur, en moet take verrig soos om 'n badkamer te besoek en 'n klag by 'n polisiekantoor in te dien....more25minPlay
November 09, 2019Leefwêreld van die gestremdeIn die duisendste episode hoor Jacqui January van 'n seldsame siekte wat onverklaard veral by jong dogtertjies voorkom, en alle liggaamlike ontwikkeling en spraak kortwiek. Die kinders word normaal gebore en die ontwikkelingsproses gaan voort tot op die ouerdom van 10 tot 18 maande, waarna die ontwikkeling stop. En Fanie du Toit het meer gaan uitvind van die struktuur en ondersteuningsnetwerk vir mense met gestremdhede in die Oos-Kaap. Hy hoor ook van sport vir rolstoelgebruikers in die provinsie....more23minPlay
November 02, 2019Leefwêreld van die gestremdeJacqui January gesels met 'n diabeet wat onbewustelik sy voet verbrand het en nou 'n geamputeerde is. Hy werk nou saam saam met mense wat ook ledemate verloor het, om ander mense met dieselfde soort uitdagings te help. En Fanie du Toit vind meer uit van 'n netwerk vir ouer wordende persone, en die rol wat tegnologie speel om gehoor- en visuele gestremdhede vinniger op te spoor en te kortwiek....more27minPlay
October 26, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit hoor van 'n innoverende digitale gehoorapparaat wat in Suid-Afrika vervaardig word. En Jacqui January gesels met Martyn le Roux oor die radiodrama wat hy geskryf het om bewusmaking en bedagsaamheid teenoor mense met gestremdhede te kweek....more25minPlay
October 19, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit gesels met 'n persoon wat aan depressie ly. Sy vertel van die stigma daaraan verbonde, en antwoord vra oor die geestesongesteldheid. Jacqui January fokus op Internasionale Wit/Langkierie-dag. Sy hoor wat die doel van die dag is, en hoe hierdie hulpmiddel deur persone met siggestremdhede gebruik word....more23minPlay
October 12, 2019Leefwêreld van die gestremdeFanie du Toit gesels met 'n persoon wat op tweejarige ouderdom met Aspergers se siekte gediagnoseer is. Hy vertel van die uitdagings van Aspergers en van die waardevolle lesse wat hy geleer het. En Jacqui January fokus op Geestesgesondheidsmaand. Sy hoor van die hoë getal selfdoodgevalle wêreldwyd n.a.v. geestesongesteldhede....more25minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.