Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
February 22, 2020Leefwêreld van die gestremde 23 Februarie 2020Fanie du Toit fokus op die ontwerp en beplanning van openbare geboue om die toegangklikheid van mense met gestremdhede te vergemaklik. Jacqui January hoor van die besondere uitdaging om met mense wat visueel en gehoor gestremd is, te kommunikeer. Sy hoor ook van die waardevolle rol wat Braille speel om kommunikasie en lees in mense met gestremdhede se moedertaal te bevorder....more25minPlay
February 15, 2020Leefwêreld van die gestremde 16 Februarie 2020Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor universele toegang op openbare vervoer, van busse en treine tot vliegtuie. Hy het ook inligting van 'n sentrum wat deur mense met blindheid gestig is, om hulle te help met emosionele en ander uitdagings. En Jacqui January hoor van die jongste navorsing oor epilepsie....more25minPlay
February 08, 2020Leefwêreld van die gestremde 9 Februarie 2020Jacqui January kyk na gespesialiseerde fasiliteite vir mense met demensie, en praktiekse idees vir die tuisversorging van persone wat hiermee gediagnoseer is. En Fanie du Toit praat oor toestande wat voor geboorte opgespoor, geïdentifiseer en behandel kan word om gestremdhede by babas te voorkom....more23minPlay
February 01, 2020Leefwêreld van die gestremde 2 Februarie 2020Erica du Toit van die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Mense met Gestremdhede beantwoord luisteraarsvrae oor parkering en aangepaste motors. En Jacqui January het praktiese raad gaan soek oor tuisstimulasie vir kinders met spesiale behoeftes....more26minPlay
January 25, 2020Leefwêreld van die gestremde 26 Januarie 2020Fanie du Toit vind meer uit van die regte van kinders met gestremdhede, met 'n fokus op geweld teenoor die kinders. En Jacqui January vertel van 'n organisasie wat help met die inklusiwiteit van persone met gestremdhede in geloofsgemeenskappe en kerke....more24minPlay
January 19, 2020Leefwêreld van die gestremde 19 Januarie 2020Fanie du Toit gesels oor ‘n baie belangrike aspek: Die regte van kinders met gestremdhede en hoe die wette in skole toegepas of nie toegepas word nie. Die toepassing van die regte het blywende nagevolge positief en soms negatief vir die ontwikkeling van kinders met gestremdhede en Jacqui January gesels met ‘n jong gestremde man wat vertel van ondersteuning en goeie nuwejaarswense gee aan persone met gestremdhede....more24minPlay
January 11, 2020Leefwêreld van die gestremde 12 Januarie 2020Fanie du Toit hoor van 'n ma wat haar moue oprol en haar gestremde seun ondersteun. Sy deel die uitdagings en vertel van die proses waarmee sy hom help om sy bestuurslisensie te kry. En Jacqui January gesels met Christo de Klerk van Blind SA oor mobiliteit- en lewensvaardighede vir mense wat op 'n latere tyd in hulle lewe blind word. Blind SA help met die vaardighede d.m.v. opleiding....more24minPlay
January 04, 2020Leefwêreld van die gestremde 5 Januarie 2020Jacqui January praat met 'n arbeidsterapeut oor arbeidsterapie vir kinders met Downsindroom. En Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat sy nek in 'n duikongeluk gebreek het. Hy het sewe jaar gelede 'n baanbrekersoperasie ondergaan, en werk en woon deesdae saam met ander rolstoelgebruikers in 'n groephuis in Kaapstad....more20minPlay
December 28, 2019Leefwêreld van die gestremde 29 Desember 2019Jacqui January gesels met Deon Pienaar van Ampucare oor hoe hy sy voete verloor het, en hoe hy ander nou daarmee help. En Fanie du Toit gesels met Sharon Goosen van Innovation for the Blind oor die proses wanneer 'n persoon op 'n latere ouderdom blind word....more25minPlay
December 21, 2019Leefwêreld van die gestremde 22 Desember 2019Fanie du Toit vind meer uit van 'n gevestigde vaardigheidopleidingsentrum en beskermde werksplek vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. En Jacqui January gesels met 'n ouers wat kinders met spesiale behoeftes het. Sy wou by hulle weet wat hulle wense vir die feesseisoen is, en wat die waardevolle “geskenke” is wat hulle van hulle kinders ontvang....more23minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.