Fanie du Toit praat met Stefanie Botha van Innovation for the Blind, wat sedert 1881 persone met visuele gestremdhede en doof-blindes versorg, oor vaardigheidsontwikkeling om persone met die gestremdhede gereed te kry vir die arbeidsmark. Jacqui January praat mey 'n 24-jarige blinde man, wat homself as platejoggie wil vestig. Werkloosheid is een van die uitdagings waarmee hy te kampe het, maar hy werk hard daaraan om sy droom te verwesenlik.