Fanie du Toit praat met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor hulle werk, en die grootste fondsinsamelingsinisiatief, Losli dag, wat deur Covid-19 beïnvloed is. Jacqui January vind meer uit van die plasing van jongmense met intellektuele- en leergestremdhede in die arbeidsmark, en die ondersteuning wat lewenslank aan hulle gebied word.