Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
April 27, 2025Leefwêreld van die gestremde 27 April 2025Wat is die impak van ‘n psigososiale gestremdheid? Die fokus val op ‘n 17 jarige meisie – ‘n karakter in sepie. In die eerste program van twee, leer ons die karakter ken en stap saam met haar die pad. ‘n Aktrise vertel hoe sy vir die rol voorberei het. Grant Matthews leef met blindheid. Hy vertel van die lewensveranderende stappe wat hy prakties en sielkundig onder die knie moes kry. En asof sy blindheid nie genoeg was om mee te leef nie, kom daar toe nog ‘n uitdaging op sy pad......more21minPlay
April 20, 2025Leefwêreld van die gestremde 20 April 2025Wat is die I WE ALL-projek, wat deur Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede aangebied word? Ons hoor hoe mense met gestremdhede in Laingsburg daardeur bemagtig word....more21minPlay
April 13, 2025Leefwêreld van die gestremde 13 April 2025Wat is geraas-geïnduseerde gehoorverlies? Hoe kan dit voorkom word? Hoekom is sekere oorfone veiliger as ander? ‘n Oudioloog praat oor hoe geraas tot gehoorverlies kan lei. Monica Gerhard leef ‘n vol lewe. Al het sy nie arms of bene nie, doen sy baanbrekerswerk, en doen bewusmaking vir persone met gestremdhede. Sy staan nie terug vir tegnologie nie, en was by hulle plaaslike radiostasie betrokke in die Noord-Kaap....more22minPlay
April 06, 2025Leefwêreld van die gestremde 6 April 2025Vaardigheidsontwikkeling is die sleutel tot gelyke geleenthede vir persone met gestremdhede, maar hoe werk dit in praktyk? Ons leer ook meer oor oor ‘n positiewe houding teenoor kinders met gehoorgestremdhede. Is jy bereid om hulle te aanvaar en ‘n bydrae in hulle opvoeding te maak?...more24minPlay
March 30, 2025Leefwêreld van de gestremde 30 Maart 2025Dr. Hanri Kriel praat oor die impak van Miller-sindroom op die mens en sy ongewing. Sy vertel van die uitsluiting wat betrokkenes ervaar, en hoe sy steeds aanhou om haar plek vol te staan. Ons hoor ook van ‘n passievolle vrywilliger wat, ná 35 jaar, vertel van haar ervarings, bydrae en fondsinsamelingsprojekte vir ‘n projek wat al oor die 60 jaar oud is....more23minPlay
March 23, 2025Leefwêreld van die gestremde 23 Maart 2025Polio is weer wêreldwyd in die nuus. Dorothy-Anne Howitson van Kimberley vertel hoe sy daaglliks deur polio geraak word, en rig ‘n pleidooi aan ouers om hulle kinders betyds te laat inent. Sheri Brynard is ‘n onderwyser. Sy is tans in Brittanje en Switserland om voorbrand te maak vir die regte van mense wat leef met gestremdhede....more21minPlay
March 16, 2025Leefwêreld van die gestremde 16 Maart 2025Ons vind meer uit oor toeganklikheidsassesserings van geboue, dienste en produkte, veral badkamers en restraurante. 21 Maart is Menseregtedag. Daar is ook ‘n direkte verbintenis tussen dié datum en Downsindroom....more25minPlay
March 09, 2025Leefwêreld van die gestremde 9 Maart 2025Wat staan familie te doen indien een van hulle met skisofrenie gediagnoseer word? Ons hoor wat gedoen kan word om die betrokkene beter te ondersteun en verstaan. Yana-huis se verteenwoordiger vertel van hulle dienste aan mense wat met skisofrenie gediagnoseer is. ‘n Groep persone met gestremdhede – van blindes tot geamputeerdes - aan die WeskKus ry branderplank, of golfgly, soos hulle dit noem. Hulle oefen al drie jaar, en gaan in April vanjaar deelneem aan die 2025 Suid-Afrikaanse Parasurf Kampioenskap in Durban....more23minPlay
March 02, 2025Leefwêreld van die gestremde 2 Maart 2025Linda Prinsloo beantwoord luisteraarsvrae oor wat skisofrenie. Wat is van die misverstande en stigmatisering wat betrokkenes daagliks ervaar? Wat word gedoen om die toegangklikheid van kerke en ander geloofsplekke te verseker?...more21minPlay
February 23, 2025Leefwêreld van die gestremde 23 Februarie 2025Wat is die uitdagings van persone met kort statuur? Wat is die regte benaming en terme wat gebruik moet word wanneer na hierdie mense verwys word? Melanie Lubbe praat oor die struikelblokke wat sy ervaar. Wat is die rol van opleiding van die versorger vir persone wat leef met demensie? En wat as die familie as versorger optree?...more24minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.