Wie hou van nuwe goed? Hoe laat daardie nuwe ding jou voel? Ek is mal oor iets nuuts. die manier hoe dit lyk, ruik, voel en die ervaring wat ek daarmee het. Kom ons vat iets soos nuwe klere. Jy trek daardie nuwe kledingstuk aan en jy voel beter want jy lyk beter en die dag se ervaring is somer beter. Al jou sintuie speel 'n rol en jy hanteer jou dag anders. Dis soos daardie dae wat jy so mooi aantrek vir 'n funksie en jy voel soos 'n celebrity. Jy uitkyk oor die lewe is sommer anders.
Maar, ja daar is gewoonlik 'n maar met hierdie stadium van goedvoel. Daardie klere het 'n prys gekos. Jy moes jou beursie wyd oopmaak om daardie gevoel, daardie "look", en ervaring te beleef. Saam met die nuwe, het daar ook 'n prys gekom. Iets wat jy moes opoffer. Soms is dit ons perspektief wat ons moet opoffer, soms is dit ons gemak sone. Maar die werk of perspektief verandering of selfs die prys, is alles die moeite werd om die eind produk te ervaar.