
Sign up to save your podcasts
Or


Ons leef in ’n tyd waar almal oor selfsorg praat. Ons ken die taal. Ons ken die tegnieke. Rus. Grense. Balans. Tog bly stres hoog, uitbranding algemeen, en selfsorg iets wat ons uitstel, of meganies, sonder oortuiging probeer. So miskien is die werklike vraag nie "wat is selfsorg?" nie… maar eerder: "As ons almal weet wat om te doen wat maak dit so moeilik om dit werklik te beoefen?" In hierdie episode ondersoek ek saam met twee kliniese sielkundiges, Francois Liebenberg en Roslyn Jantjies, hoe die ritme van ons samelewing, tesame met ons innerlike konflik, daartoe lei dat ons nie meer teenwoordigheid met ons self skep en die vraag vra, “maar wat het ek nodig?" nie. Ek hoop jy luister lekker saam.
Dink en gesels graag saam met ons!
Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/ & Instagram).
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/
Het jy al ooit gewonder hoekom jy self-bewus word wanneer jy vermoed iemand "staar" na jou? In die nuutste aflewering van my nuwe podsending bespreek ek en Francois Liebenberg, ook 'n kliniese sielkundige in privaatpraktyk, die filosofiese beginsels agter hierdie verskynsel asook hoe dit sielkundig manifesteer. Die onderwerpe vir ons gesprek:
Dink en gesels graag saam met ons!
Dr. Ed Tronick se "still face" eksperiment: https://www.youtube.com/watch?v=FaiXi8KyzOQ
Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/ & Instagram).
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/
Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
Het jy geweet Neil Sandilands, a.k.a. Bart van 7de Laan, was 'n stem-akteur in Metal Gear Solid V: The Phantom Pain? Het jy al gewonder hoe jou sielkundige kant in videospeletjies geprojekteer word? Luister in hierdie opvolg-episode hoe ek en Ben gesels oor die volgende sake in die videospeletjie-industrie:
Dink en gesels graag saam met ons!
Hierdie episode is opgeneem op 4 Mei 2025.
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/
Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n kliniese sielkundige in die noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.
In die derde aflewering van my nuwe podsending, bespreek ek en Ben Vorster, 'n gamer van formaat, die stand van sake in die videospeletjie-industrie. Ons gesels dus oor:
Dink en gesels graag saam met ons!
Hierdie episode is op 3 Mei 2025 opgeneem.
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/
Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.
In die tweede aflewering van my nuwe podsending, bespreek ek en Roslyn Jantjies, ook 'n Kliniese Sielkundige in privaatpraktyk, die sinister tendens van die romantisering en verheerliking van psigiese gesondheid en terapie. Ons glo natuurlik dat bewusmaking belangrik is, maar ons neem waar dat hierdie ernstige onderwerp soms baie ligsinnig behandel word sonder die nodige respek. Ons gesels dus oor:
Dink en gesels graag saam met ons!
Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/).
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
SADAG (Die Suid-Afrikaans Depressie- en Angsgroep): 0800 567 567 - https://www.sadag.org/index.php?option=com_content&view=article&id=11&Itemid=114
Bronne:
Ahuja, J., & Fichadia, P. A. (2024). Concerns Regarding the Glorification of Mental Illness on Social Media. Cureus, 16(3). https://doi.org/10.7759/cureus.56631. https://doi.org/10.7759/cureus.56631
Issaka, B., Ebenezer, A. K. A., Wood, S. F., & Mohammed, F. (2024). “Anxiety Is Not Cute” Analysis of Twitter Users’ Discourses on Romanticizing Mental Illness. BMC Psychiatry, 24(1). https://doi.org/10.1186/s12888-024-05663-w. https://doi.org/10.1186/s12888-024-05663-w
Katerina Jerine. (2024, April 26). Stop romanticizing mental illness. The Vermont Cynic. https://vtcynic.com/opinion/stop-romanticizing-mental-illness/
Ndour, A., & Foulkes, L. (2025). The romanticisation of mental health problems in adolescents and its implications: a narrative review. European Child & Adolescent Psychiatry. https://doi.org/10.1007/s00787-025-02701-0. https://doi.org/10.1007/s00787-025-02701-0
Punzalan, K. (2019, May 29). Are Depression and Suicide Memes Helping or Making People’s Mental Health Worse? When in Manila. https://www.wheninmanila.com/are-depression-and-suicide-memes-helping-or-making-peoples-mental-health-worse/
Shuttleworth, C. (2023, June 28). The Romanticisation of Mental Illness Online. Inspire the Mind. https://www.inspirethemind.org/post/the-romanticisation-of-mental-illness-online
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/
Welkom by die eerste episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.
In die eerste aflewering van my nuwe podsending, gaan ek hierdie belangrike vraagstuk alleen bespreek in terme van die drie konsepte wat hierdie podsending definieër (en op die logo verskyn):
Ek hoop jy geniet die reis saam met my!
*Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.
Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/
From the publisher's feed
Welkom by Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.
My naam…
**Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.