Sy's die energieke uitvoerende hoof van die Artscape Teatersentrum in Kaapstad waar sy met ’n ystervuis regeer, en met haar lekker lag, harde werk en ’n enorme liefde vir mense en haar land, groot verandering in die kunste en talle lewens bewerkstellig. Altyd positief, met min mense wat weet van die uitdagings wat die bekroonde Dr. Marlene le Roux al moes trotseer. Polio, ’n moeilike politieke landskap, ’n breingewas, die dood van haar gestremde seun, haar egskeiding. In Episode 12 van MAOA praat sy eerlik oor haar lewe, haar werk, haar menseverhoudinge, haar voortdurende geveg vir vroueregte en mense met gestremdhede en hoe baie sy van die lewe hou. Laai af, luister saam, deel en laat hoor van jou in die kommentaarveld hieronder.
“Vrolike Marlenetjie”: Workaholic with a Steel Fist and an Enormous Heart for People.
She’s the energetic CEO of the Artscape Theatre Centre in Cape Town, where she rules with an iron fist, and through her warm laugh, hard work, and deep love for people and her country, she’s brought about big change in the arts and in many lives. Always positive, with few people knowing about the challenges the award-winning Dr. Marlene le Roux has faced. Polio, a difficult political landscape, a brain tumour, the death of her disabled son, her divorce. In Episode 12 of MAOA, she speaks honestly about her life, her work, her relationships with people, and her ongoing fight for women’s rights and people with disabilities. Download, listen, share, and let us know your thoughts in the comment section below.
https://artlist.io/royalty-free-music/song/immaterial/68717