Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n ... more
FAQs about Mevrou Mevrou:How many episodes does Mevrou Mevrou have?The podcast currently has 32 episodes available.
December 10, 2024Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kouMevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule. Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk. In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was. Podcast page on Jacaranda FM's website...more27minPlay
December 03, 2024Mevrou oefen om Kersfees fiks te wordMevrou vang die Kersfees gees, maar dis nie ’n maklike oefen om Kersfees fiks te word nie. Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is dié Fees seisoen by die huis en die prioriteit is om die Kersfees gees perfek in elke kamer te hang … Podcast page on Jacaranda FM's website...more20minPlay
November 26, 2024Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nieMevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daai pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op die 50% afslag. Podcast page on Jacaranda FM's website...more21minPlay
November 19, 2024Mevrou en die skommel vir die rommel trommelMevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel trommel seisoen is hier ….. Podcast page on Jacaranda FM's website...more21minPlay
November 12, 2024Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olieDis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in ….. Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
November 05, 2024Mevrou probeer die November vloermoere oorleefDis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het mos maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee …… Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 29, 2024Mevrou kry die appel onder die stamboomMevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd ……. Podcast page on Jacaranda FM's website...more16minPlay
October 22, 2024Mevrou wonder oor die doeke braaiMevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens mag gee as persente. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie …… en dis voor die baba nog gebore word….. Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 15, 2024Mevrou se skandes by die hoërskool re-unieMevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In dié episode, praat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk uit oor wat hulle al by ‘n matriek reünie gesien en beleef het …… Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
October 08, 2024Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeterDaar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteits meter. Nou gaan almal sien presies waarvoor hulle opdok en wat die meeste krag verbruik. Maar dié proses sorg vir huis moles – wie moet onthou om die geiser aan en af te sit? In dié episode word Dianne Broodryk warmer as 'n kokende gasketel, terwyl Gerda de Sousa deur die stoom probeer soek na die lig in die donker tonnel …… Podcast page on Jacaranda FM's website...more22minPlay
FAQs about Mevrou Mevrou:How many episodes does Mevrou Mevrou have?The podcast currently has 32 episodes available.