Die assessore ondersoek die inbraak by Lek My Roomys, en Neels wonder of Xander genoeg versekering uitgeneem het. Dan vra hy vir Klara ‘n onverwagte vraag by God’s Window.
Ná die inbraak by Lek My Roomys daag die polisie op en arresteer twee booswigte. Xander moet ook polisiestasie toe gaan, en Marnus besluit om in te gryp.
Mawiet wil ‘n plakkaat oorkant die pad opsit om meer reklame aan Die Boskombuis te gee, maar dan is daar ‘n onverwagse wending wat haar die skok van haar lewe gee.
Xander en Marnus het ‘n groot uitval omdat Marnus so laag met sy vliegtuig oor Lek My Roomys gevlieg het. Mense kon seergekry het. Xander wil ‘n klag teen hom lê.
Jorrie het genoeg van Shaun se vlerkslepery by Lienkie gehad, en konfronteer hom. Elzebet is verheug want dit lyk of Die Boskombuis uiteindelik begin werk.
Jorrie is ontsteld wanneer daar blomme by Lienkie afgelewer word. Dan merk hy van wie af dit kom! Elzebet stel steeds belang om een van Marnus se erwe in die aftree-oord te koop.
Marnus spot Xander oor sy blou oog, en dit vererger die spanning tussen hulle. Hy herhaal dat hy eendag die hele kloof sal besit en dat niks hom sal keer nie.