Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
March 03, 2017MiddagvervolgverhaalJeffrey is besorg oor die feit dat Mina te veel werk en te min rus, en gaan spreek Jana oor die aangeleentheid. Terwyl hulle langs die see stap, wil Mina by Jeffrey weet hoekom sy oë so vol hartseer is....more14minPlay
March 02, 2017MiddagvervolgverhaalBesoeke aan Whitewing Lodge kry 'n hupstoot ná 'n verrassende wending. Meer personeel word benodig om in die kombuis te help. Jeffrey stuur 'n geskenk vir Mina....more12minPlay
March 01, 2017MiddagvervolgverhaalDit is in die winter van 1975 en Jana is opgewonde oor die toeloop van gaste, ten spyte van die nat koue. Mina staan op die kaai om vis te koop, en ontmoet 'n baie aantreklike man wat vaagweg bekend lyk. Terug by die gastehuis sit sy twee en twee bymekaar......more14minPlay
February 28, 2017MiddagvervolgverhaalMina kry koue rillings in die ou kliptoring langs Whitewing Lodge. Betta stel Mina voor aan Ouma Hannie. Jeffrey Wilson hoor by sy ouma dat daar 'n baie mooi, opgevoede vrou by die gastehuis werk en dat sy wonderlik kan kosmaak....more14minPlay
February 27, 2017MiddagvervolgverhaalMina begin stadig maar seker die mense in Visbaai ken. Veral die jong mans is gek oor die pragtige jong vrou. Sy vind uit by Betta en Myra wat Jana se sondes is waarvan sy praat, en twee gaste, waarvan een 'n Australiër, is kwistig met die heuningkwas....more14minPlay
February 24, 2017MiddagvervolgverhaalMina leer haar “nuwe familie” van Whitewing Lodge beter ken. Sy is oortuig sy het die regte besluit geneem om nie in die Kaap te bly nie....more14minPlay
February 23, 2017MiddagvervolgverhaalJana en Mina kom op Visbaai aan, en Mina is in vervoering oor die klein dorpie en sy eenvoud. Onderweg van Visbaai na Whitewing Lodge, vertel Jana die treurige verhaal van 'n jong bruin moeder wat nog voor Jana se geboorte by Vier Winde gewerk het en een nag op pad huis toe met die paadjie oor die rotse hoog bo die see na haar dood geval het....more13minPlay
February 22, 2017MiddagvervolgverhaalSara en Mina ry na De Doorns om van Mina se besittings te gaan haal, en hulle word getref deur die veranderinge aan Goedemoed. Jana kom Mina haal en hulle pak die rit aan na Whitewing Lodge. Mina voel vir die eerste keer weer opgewonde oor die toekoms....more14minPlay
February 21, 2017MiddagvervolgverhaalMina lig Sara in dat sy besluit het om vir Jana te gaan werk. By die munisipale kantore waar Mina probeer uitvind wat van Sarah Adams geword het, word wonde uit die verlede oopgekrap. Jana bel om te reël om Mina te kom haal om haar nuwe lewe as sjef vir Whitewing Lodge te begin....more14minPlay
February 20, 2017MiddagvervolgverhaalSara en Mina is ingeburger in die dubbelverdiepinghuis in Tamboerskloof. Mina het gehoor dat Distrik Ses volgens die groepsgebiedewet 'n wit gebied verklaar is, en sy gaan kyk hoe dit lyk. Die afgryse van haar besoek aan Distrik Ses laat Mina 'n belangrike besluit neem....more13minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.