Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
December 23, 2016MiddagvervolgverhaalMina beleef die donkerste nag van haar lewe. Dominee Venter kom doen huisbesoek by Elsie Lubbe net toe Mina klaar les by haar gehad het. Hy besluit om ernstig met Elsie oor Mina te praat......more14minPlay
December 22, 2016MiddagvervolgverhaalSchoeman nooi Sanet en Mina om saam met hom en van sy maats na die plaaslike bioskoop te gaan. Tietser waarsku Mina teen Boeta Bantjies. Schoeman, Sanet en Mina gaan na die Vlooifliek toe en geniet die aand baie. Dan val daar egter 'n donker skadu oor die aand se vrolikheid......more14minPlay
December 21, 2016MiddagvervolgverhaalTietser waarsku Boeta om sy hande van Mina af te hou, en Schoeman maak weer ogies vir Mina. Bettie Els is nie 'n maklike mens nie, en is nie baie gelukkig dat Mina in haar geldsake namens Elsie Lubbe kom snuffel nie....more14minPlay
December 20, 2016MiddagvervolgverhaalSanet is bekommerd oor Schoeman se lawwe spelery, maar Mina steur haar nie aan hom nie. Boeta is haar droomman. In die maanlig by die plaasdam probeer Boeta dan ook sy gevoelens vir Mina demonstreer, maar hy loop hom vas....more12minPlay
December 19, 2016MiddagvervolgverhaalMina vertel Tietser opgewonde van haar klasse by Elsie Lubbe. Boeta Bantjies vertel Mina ná die skoolkonsert hoe hy haar bewonder, en Mina wil by Sara weet of sy dink daar is 'n loopbaan vir 'n Bruinmens in die kosbedryf....more14minPlay
December 16, 2016MiddagvervolgverhaalTietser vertel vir Mina en Sanet van haar jongdae. Elsie Lubbe hoor van Mina se begeerte om met kos te werk, en sy lê besoek af by Bettie Els om met haar 'n afspraak te maak om na Bettie se negosiewinkeltjie se geldsake te kyk....more14minPlay
December 15, 2016MiddagvervolgverhaalMina verneem van Erik dat sy hulle gelukbringerkind is, en is ontsteld oor die rede vir die beskrywing. Mina is baie opgewonde, want juffrou Elsie Lubbe het ingestem om haar met 'n paar hoërskoolvakke te help....more14minPlay
December 14, 2016MiddagvervolgverhaalSara oortuig Mina om met meer Bruinmense te meng sodat sy meer aanvaarbaar vir haar eie mense kan wees. Iris is oortuig dat die De Graaffs ongemaklik begin voel met Mina in die huis, en haar vir iemand in die bruin gemeenskap gaan gee om verder groot te maak....more14minPlay
December 13, 2016MiddagvervolgverhaalSchoeman leun oor die klimopheining en knoop 'n geselsie met Mina aan wat haar kwets. Asof Schoeman se aanmerkings nie genoeg is nie, vryf sy ma, Iris, verder sout in Mina se wonde. Tietser gesels indringend met Sara oor Mina se sosiale dilemma....more14minPlay
December 12, 2016MiddagvervolgverhaalMina sê vir Tietser dit voel vir haar of sy nêrens inpas nie. Aletta laat Sara goed verstaan dis tyd dat sy begin om haar van Mina, wat nou al groot is, te onttrek. Dit sal vir haar aanvaarbaar wees as Mina aanbly as een van die talle huishulpe. Mina praat met Tietser oor die afdruk van die engel bo Tietser se bed....more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.