Wond: Plaasmoord – dis my mense (Litera, 2025) is ds. Gerhard Pietersen se eerlike en diep persoonlike verhaal van verlies, geloof en hoop. Nadat sy skoonouers, Tewie en Eurika Human, in 2016 op hul kleinhoewe buite Groot-Brakrivier vermoor is, het die hele familie 'n pad van intense trauma en rou gestap. In die boek vertel Gerhard nie net die verhaal van 'n plaasmoord nie, maar ook van 'n mens se worsteling met God te midde van geweld, en van die lang, onvoltooide reis na genesing. www.radiokansel.co.za