Net nog enetjie

Net nog enetjie

By Maroela MediaNews
Download on the App Store

Net nog enetjie episodes

  • ‘Net nog enetjie’ | Die polisie ry zama-zama’s se medikasie aan | Ep. 23
    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die myn-sage wat tans uitspeel in Stilfontein. Daar is honderde (moontlik duisende) onwettige myners wat nou ondergronds vassit. Moet ʼn mens vir hulle jammer voel? Is dit reg dat misdadigers nou vereis dat die polisie kos en medikasie vir hulle moet aanry? Wat is fout met Suid-Afrika se ekonomie dat hulle in die eerste plek só desperaat was om onwettig te myn? ‘Net nog enetjie’ | Die polisie ry zama-zama’s se medikasie aan | Ep. 23
    47 min
  • ‘Net nog enetjie’ | Julius Malema werk deur die vyf fases van rou | Ep. 22
    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Julius Malema wat deur die vyf fases van rou werk. Iemand moet moontlik vir Malema ʼn “jammer vir jou verlies”-kaartjie stuur, want een vir een loop sy vertrouelinge oor na die MK-party. Malema is nou besig om die les te leer dat daar net plek vir een gegriefde eks-ANC-party in die politiek is, en Jacob Zuma staan daai skoene vol. ‘Net nog enetjie’ | Julius Malema werk deur die vyf fases van rou | Ep. 22
    38 min
  • ‘Net nog enetjie’ | Die VSA is weer ‘Trump country’ | Ep. 21
    Trump is terug en oënskynlik sterker as ooit tevore. Wat gaan Trump se terugkeer na die politiek vir die VSA inhou en hoe lyk die toekoms van die Republikeinse Party na dié oorwinning?

    Van een oorwinning na ʼn ander. Vandeesweek het sowat 10 000 mense by die Voortrekkermonument deelgeneem aan die massa-protesoptog teen die Bela-wet. Hoekom was dit belangrik vir duisende mense om deel te neem aan dié “onderwandeling” teen die regering, en gaan die ANC enigsins luister nou dat ons hulle taal gepraat het? ‘Net nog enetjie’ | Die VSA is weer ‘Trump country’ | Ep. 21
    37 min
  • ‘Net nog enetjie’ | Die EFF beskuldig AfriForum van (g)rassisme in Pretoria | Ep. 20
    In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die EFF wat AfriForum beskuldig van rassisme omdat hulle net in sekere buurte help gras sny. Gryp die EFF net na rashalmpies of is dit inderdaad (g)rassisties om net gras is jou eie buurt te sny – veral as jy nié die regering is nie! ‘Net nog enetjie’ | Die EFF beskuldig AfriForum van (g)rassisme in Pretoria | Ep. 20
    37 min
  • ‘Net nog enetjie’ | Poppemeester Panyaza se presidensiële ambisie | Ep. 18
    In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en gas-aanbieder Anton Meijer oor Panyaza Lesufi se hede, verlede en al sy toekomstige ambisies. Lesufi is soos ʼn poppemeester wat sy lang vingers oral indruk waar mag dalk te vind is. Agter die skerms sal hy egter nie bly nie, want sy politieke toekoms is veel te blink in die ANC. ‘Net nog enetjie’ | Poppemeester Panyaza se presidensiële ambisie | Ep. 18
    42 min
  • ‘Net nog enetjie’ | Die Bela-wetgewing ʼn mes teen Afrikaanse skole se keel | Ep. 17
    In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor álles skole. Die tyd raak min vir die regering om met die burgerlike samelewing te gesels oor die Bela-wetgewing. Hoekom hou Solidariteit ook ʼn krisisberaad oor hierdie wetgewing? Want die Bela-wetgewing is ʼn mes teen die keel van Afrikaanse skole – iets waarmee geen taalgemeenskap kan saamleef nie.
    36 min
  • ActionSA het Brink laat sink | Ep. 16
    Het Her-man-sonder-ʼn-plan Mashaba met hierdie stap die spyker op die kop óf in sy eie politieke doodskis geslaan? Hoe pas hierdie politieke struwelinge in by die ongelukkighede op provinsiale vlak in Gauteng en Panyaza Leë-sufi se kruistogte teen wit mense? Terwyl die Tshwane-koalisie struikel moet die ANC ook nog planmaak met die Bela-wetgewing binne die volgende maande. ‘Net nog enetjie’ | ActionSA het Brink laat sink | Ep. 16
    33 min
  • Is Cilliers Brink werkloos? | Ep. 15
    ActionSA se mosie van wantroue in burgemeester Brink-stefaans dien vandeesweek in Tshwane. Gaan ActionSA nog gehang word aan die einste galg wat hulle vir die DA reggemaak het? Intussen het president Ramaphosa en Elon Musk ook gesels. Wat gebeur wanneer 'n buffel 'n robot ontmoet? ‘Net nog enetjie’ | Is Cilliers Brink werkloos? | Ep. 15
    38 min
  • Dop die RNE die Bela-toets? | Ep. 14
    Hierdie week is 'Net nog enetjie' net betyds terug vir die RNE se eerste groot toets.
    President Ramaphosa onderteken uiteindelik die Bela-konsepwet, maar nie sonder geweldige teenstand nie. Verskeie laataandoproepe vind plaas tussen die president, lede van die RNE en die burgerlike samelewing. ‘Net nog enetjie’ | Dop die RNE die Bela-toets? | Ep. 14
    37 min

About Net nog enetjie

From the publisher's feed

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.