Net nog enetjie

Net nog enetjie

By Maroela MediaNews
Download on the App Store

Net nog enetjie episodes

  • Net nog enetjie | To BEE or not to BEE | Ep. 43
    President Ramaphosa het in sy nuusbrief hierdie week gal gebraak oor hoe belangrik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is, hoe verkeerd kritici van transformasie is en hoekom die regering gaan voortgaan met dié verwoestende beleid.

    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen alles SEB. Sit harder, luister saam en sê vir ons in die kommentaarafdeling wat jy van SEB dink!
    25 min
  • Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42
    Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of nié gebeur het nie – was die kool die sous werd of het voormalige opposisiepartye hulself eintlik net vir ’n lekker pot lensiesop uitverkoop?
    34 min
  • Net nog enetjie | Bring BEE-lon binnekort Starlink vir SA? | Ep. 41
    Musk sê hy is net bereid om te kom as hy sy maatskappy op meriete mag bedryf. Die ANC sê hy mag net kom as hy aan hulle rasreëls voldoen. Intussen sit Suid-Afrika en wag om te sien of BEE-lon gaan seëvier?

    Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie waarin Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor hierdie kwessies gesels. Sit harder, skink vir jou ook nog enetjie en kuier saam!
    31 min
  • Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40
    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het.

    Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die VSA gaan stuur om sake met Trump te beredder. Die groot vraag op almal se lippe – het Trump vir Ramaphosa in ʼn lokval gelei of moes Ramaphosa hierdie nie op ʼn myl sien kom nie?
    35 min
  • Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38
    In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC om hulle uit te jaag – almal is ongelukkig, maar niemand is bereid om eerste te beweeg nie.
    35 min
  • Net nog enetjie | Die begin van die RNE se einde | Ep. 37
    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor of die RNE uiteindelik sy (regering van nasionale) einde bereik het? Tans lyk dit asof Ramaphosa sy houtwerkvaardighede gaan moet opskerp, omdat hy binnekort dalk aan ʼn nuwe kabinet gaan moet timmer.
    47 min
  • Net nog enetjie | Ambassa-Dirk, Flip-lomaat en Malema se wêreldtoer | Ep. 36
    Terwyl Ebrahim Rasool nog sy vlugvoosheid afskud na sy terugkeer van die VSA, wonder ʼn mens. Moet ons dalk ʼn Superbru begin om te wed op wie die volgende ambassadeur gaan wees? Ambassa-Dirk? Of dalk ʼn Flip-lomaat uit die Solidariteit Beweging se leierskap. Die slim skuif sal natuurlik wees om ʼn Afrikaner- of landbouleier aan te wys om gemoedere in die VSA te help afbestuur. Maar nou ja, van wanneer af doen die ANC die slim ding? Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie om saam te gesels oor hierdie en ander belangrike kwessies.
    39 min
  • Net nog enetjie | VSA ruk die diplomatieke mat onder Rasool uit | Ep. 35
    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die sondes van Ebrahim Rasool, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VSA. Na Rasool uit Amerika geskop is, het die ANC verbasend genoeg nie tot sy verdediging gesnel nie. Dit lyk al meer of die ANC tog bereid is om ʼn bietjie deur die VSA geboelie te word en net dalk die veranderinge aan buitelandse beleid aan te bring wat Trump vereis.
    37 min

About Net nog enetjie

From the publisher's feed

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.