Net nog enetjie

Net nog enetjie

By Maroela MediaNews
Download on the App Store

Net nog enetjie episodes

  • Net nog enetjie | Ramaphosa speel sy Trump-kaart | Ep. 61
    In hierdie week se Net nog enetjie kyk Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen na pres. Ramaphosa se skielike poging om sy “Trump-kaart” te speel voor en tydens die G20. Is Ramaphosa regtig besig om die diplomatieke balanseertoertjie noukeurig uit te voer of gaan hy struikel en tot sy politieke dood val?
    28 min
  • Net Nog Enetjie | Los my volk en banier | Ep. 60
    In hierdie week se Net nog enetjie kyk Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen na hoe die Johannesburgse stadsraad Solidariteit se G20-banier sonder skroom verwyder het. Hulle bespreek waarom dié daad veel minder oor “permitte” en veel meer oor politieke sensuur gaan.
    27 min
  • Net nog enetjie | G20 minus een | Ep. 59
    In hierdie week se Net nog enetjie kyk Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen na die jongste ontwikkelings en onstuimighede op die wêreldverhoog en tuis. Die G20 is nou al “G20 minus een” nadat die VSA volledig onttrek het weens die spanning met Suid-Afrika. Intussen het Argentinië se Javier Milei ook gesê dat hy in Solidariteit met Trump nie sal bywoon nie.
    33 min
  • Net nog enetjie | Die (bes)ope brief al die pad uit ivoortorings | Ep. 57
    In hierdie week se Net nog enetjie kyk Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder na die ope brief van 40 Afrikaners wat onlangs reguit uit die ivoortorings gekom het – ʼn brief met ʼn alternatiewe “Afrikaner-mening”, maar nie noodwendig ʼn vreeslik gewilde een nie. Die span bespreek die inhoud, die toon en waarom dit soveel mense so verkeerd opgevryf het.
    29 min
  • Net nog enetjie | Die DA kies SE-Nee bo SEB | Ep. 56
    Die party stel voor dat die bestaande stelsel van SEB vervang word met ekonomiese bemagtiging gebaseer op meriete eerder as ras. Want, sê hulle, stap een in ekonomiese groei is eenvoudig – hou op steel en doen spesifiek weg met beleid wat die steel moontlik maak.
    26 min
  • Net nog enetjie | Vrede in die Midde-Ooste en vet kaders in Thembisa | Ep. 55
    Op eie bodem is die skelms sommer baie besig. Die beslaglegging van Thembisa-tenderpreneurs se luukshede maak ʼn mens sommer siek – net nie só siek dat jy na dié hospitaal toe hoef te gaan nie, want die kaders en korruptes het seker gemaak daar bly net mooi niks funksioneel oor nie. Die vermetelheid om nie net van arm nie, maar ook siek mense te steel.

    Luister na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie om te hoor wat Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen te sê het oor hierdie dinge.
    27 min
  • Net nog enetjie | Die politieke sirkus op die dorp | Ep. 54
    Vandeesweek laat die politieke sirkus op die dorp ons met geen rus nie. Eerste is Julius Malema wat uiteindelik in ʼn hof skuldig bevind is aan iéts! Hy gaan nie sommer binnekort die binnekant van ʼn tronk sien nie, maar gaan wel moet hoes om sy skuldboete te betaal. Die hof het besluit sy sangloopbaan mag dalk “Kill the Boer” insluit, maar nie “Parapapa” van Snotkop met die byklanke van ʼn AK47 nie.
    27 min

About Net nog enetjie

From the publisher's feed

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.