Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom."Net nog enetjie" word vervaardig deur Maro... more
FAQs about Net nog enetjie:How many episodes does Net nog enetjie have?The podcast currently has 69 episodes available.
July 31, 2025Net nog enetjie | Mnr. Donald speel die (Trump)-tariefkaart | Ep. 49Die VSA se nuwe tariefkaart is nie bloot ʼn ekonomiese skuif nie – dit is ʼn politieke hefboom. Tariewe word doelbewus gebruik om handelsverhoudinge te heronderhandel op maniere wat beter inpas by Amerika se belange. In Suid-Afrika se Deal or no Deal-episode staan Ramaphosa so verstar soos ʼn bok voor Trump se tassies – eerder as om een te kies, het die ANC blykbaar besluit om sommer ʼn ander speletjie te begin speel. Een waarin hulle waarskynlik gaan verloor....more36minPlay
July 22, 2025Net nog enetjie | Ramaphosa laat die koppe rol | Ep. 48Tot dusvêr lyk dit asof die ANC nie beskik oor die vermoë om hulself van binne af te vernuwe nie. Die “S” in hul DNS staan blykbaar nie vir “struggle” nie, maar vir “steel”. Daarom is dit nie genoeg om elke nou en dan die brande te probeer blus terwyl die brandstigters onaangeraak bly nie. Tot dít uitgesorteer is, is geen kommissie, herskikking of minister gepos regtig genoeg nie. Luister na Net nog enetjie vir jou ontleding van die week se politieke polemiek....more24minPlay
July 08, 2025Net nog enetjie | Is die polisie gekoop, gekaap of net gegrief? | Ep. 47Net nog enetjie | Is die polisie gekoop, gekaap of net gegrief? | Ep. 47...more34minPlay
July 03, 2025Net nog enetjie | Staan die “D” in “DA” vir doen of dreig? | Ep. 46Die regering van nasionale eenheid (RNE) se fondasie is die afgelope week geskud met president Ramaphosa wat DA-adjunkminister, Andrew Whitfield, afgedank het. Groot drama het gevolg, maar op die ou end het die DA eintlik maar net gereageer met ʼn sterk bewoorde brief. Het die DA nog murg in hulle pype of staan die “D” in “DA” vir dreig eerder as doen?...more24minPlay
June 26, 2025Net nog enetjie | Op vrede in die Midde-Ooste en vryheid in Suid-Afrika | Ep. 45Net nog enetjie | Op vrede in die Midde-Ooste en vryheid in Suid-Afrika | Ep. 45...more29minPlay
June 19, 2025Net nog enetjie | Is Wêreldoorlog 3 op pad? | Ep. 44In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of die derde wêreldoorlog op pad is. Konflik in die Midde-Ooste het wéér vererger na Israel ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het. Is hierdie die laaste strooi voor ʼn globale konflik of is dit veilig om te sê dit is nie die derde wêreldoorlog elke keer wanneer iemand hulle wip nie – veral nie in die konflikgeteisterde Midde-Ooste nie....more30minPlay
June 11, 2025Net nog enetjie | To BEE or not to BEE | Ep. 43President Ramaphosa het in sy nuusbrief hierdie week gal gebraak oor hoe belangrik swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is, hoe verkeerd kritici van transformasie is en hoekom die regering gaan voortgaan met dié verwoestende beleid. In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen alles SEB. Sit harder, luister saam en sê vir ons in die kommentaarafdeling wat jy van SEB dink!...more25minPlay
June 06, 2025Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of nié gebeur het nie – was die kool die sous werd of het voormalige opposisiepartye hulself eintlik net vir ’n lekker pot lensiesop uitverkoop?...more34minPlay
May 29, 2025Net nog enetjie | Bring BEE-lon binnekort Starlink vir SA? | Ep. 41Musk sê hy is net bereid om te kom as hy sy maatskappy op meriete mag bedryf. Die ANC sê hy mag net kom as hy aan hulle rasreëls voldoen. Intussen sit Suid-Afrika en wag om te sien of BEE-lon gaan seëvier? Luister na hierdie week se episode van Net nog enetjie waarin Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor hierdie kwessies gesels. Sit harder, skink vir jou ook nog enetjie en kuier saam!...more31minPlay
May 22, 2025Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het.Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die VSA gaan stuur om sake met Trump te beredder. Die groot vraag op almal se lippe – het Trump vir Ramaphosa in ʼn lokval gelei of moes Ramaphosa hierdie nie op ʼn myl sien kom nie?...more35minPlay
FAQs about Net nog enetjie:How many episodes does Net nog enetjie have?The podcast currently has 69 episodes available.