Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom."Net nog enetjie" word vervaardig deur Maro... more
FAQs about Net nog enetjie:How many episodes does Net nog enetjie have?The podcast currently has 52 episodes available.
February 26, 2025Net nog enetjie | ANC spartel terwyl die Solidariteit Beweging in die Withuis kuier | Ep. 32Net nog enetjie | ANC spartel terwyl die Solidariteit Beweging in die Withuis kuier | Ep. 32...more40minPlay
February 20, 2025Net nog enetjie | ANC moet hul sondes vir die VSA verduidelik | Ep. 31Watter van hierdie drie afvaardigings gaan tot die Amerikaanse regering deurdring en in wie se gesigte gaan die deur toegeslaan word? Dit lyk tans asof die ANC glad nie hulle aandeel in die diplomatieke krisis wil erken nie....more30minPlay
February 11, 2025Net nog enetjie | Moet Afrikaners eerder Amerikaners word? | Ep. 30In hierdie aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Amerikaanse president Donald Trump se stap om Afrikaners vlugtelingstatus toe te staan – weens onder andere die legio rassewetgewing en diskriminasie wat die norm is. Amerika soek al ʼn rukkie na ʼn stok om die ANC (en hul anti-Westerse sentimente) mee te slaan en het nou een gekry....more32minPlay
February 05, 2025Net nog enetjie | Amerika se geduld met Suid-Afrika is op | Ep. 29In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Nico Strydom en Christel Cornelissen oor die jakkals wat Amerikaanse president Donald Trump in Suid-Afrika se hoenderhok gegooi het. Amerika se geduld met Suid-Afrika is op, en iemand gaan ʼn prys hiervoor betaal....more27minPlay
January 28, 2025Net nog enetjie | Onteiening sonder vergoeding, maar nie sonder gevolge | Ep. 28Net nog enetjie | Onteiening sonder vergoeding, maar nie sonder gevolge | Ep. 28....more39minPlay
January 22, 2025Net nog enetjie | Trump trek terug Withuis toe | Ep. 27Donald Trump is terug en gereed om te regeer. In dié aflewering van Net nog enetjie bespreek ons hoe die volgende vier jaar onder Trump 2.0 gaan lyk. Trump het ʼn besige eerste dag op kantoor gehad, en die res van sy termyn gaan waarskynlik nóg bedrywighede inhou. Terwyl Trump besig was om sy skoene vir die Withuis te poets, was ʼn ander president besig om sy regering te toets. In die doodsnikke van 2024 het president Ramaphosa die volle Bela-wet gepromulgeer....more36minPlay
December 11, 2024‘Net nog enetjie’ | 2024: Die jaar van groot politieke verandering | Ep. 26In hierdie laaste episode vir 2024 van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en gasaanbieder dr. Theo de Jager oor alles wat in 2024 gebeur het. Die ANC het mag verloor, John Steenhuisen se Moonshot-pakt het toe omvorm in ʼn regering van nasionale eenheid en Jacob Zuma het weereens opgestaan uit die politieke dood. Nou is die vraag: Gaan die RNE dieselfde tyd volgende jaar nog vir mekaar kerskaartjies stuur of is hierdie hulle eerste en laaste Kersete saam? ‘Net nog enetjie’ | 2024: Die jaar van groot politieke verandering | Ep. 26...more43minPlay
December 04, 2024‘Net nog enetjie’ | Die ANC se innerlike konflik oor Bela | Ep. 25Sommiges in die ANC is kwaad oor dié ooreenkoms. Sommiges ontken dat daar ooit ʼn ooreenkoms onderteken is en ander baklei sommer net om te baklei. Een man wat verbasend stil bly oor die skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering, is Panyaza Lesufi. Was sy internet dalk die afgelope week af, of het hy dalk nie die moed om kwaai op sosiale media daarteen uit te vaar nie? Kyk na hierdie week se episode om antwoorde op al hierdie vrae te kry! ‘Net nog enetjie’ | Die ANC se innerlike konflik oor Bela | Ep. 25...more38minPlay
November 28, 2024'Net nog enetjie' | Die regering skik met Solidariteit oor Bela | Ep.24In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die regering en Solidariteit wat geskik het oor die Bela-wetgewing. Die burgerlike samelewing het die afgelope maande met die regering onderhandel om Afrikaanse skole te probeer red – nou het die presidensie en die departement basiese onderwys ʼn skikking onderteken wat die bedreiging teen Afrikaanse skole afweer. 'Net nog enetjie' | Die regering skik met Solidariteit oor Bela | Ep.24...more42minPlay
November 20, 2024‘Net nog enetjie’ | Die polisie ry zama-zama’s se medikasie aan | Ep. 23In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die myn-sage wat tans uitspeel in Stilfontein. Daar is honderde (moontlik duisende) onwettige myners wat nou ondergronds vassit. Moet ʼn mens vir hulle jammer voel? Is dit reg dat misdadigers nou vereis dat die polisie kos en medikasie vir hulle moet aanry? Wat is fout met Suid-Afrika se ekonomie dat hulle in die eerste plek só desperaat was om onwettig te myn? ‘Net nog enetjie’ | Die polisie ry zama-zama’s se medikasie aan | Ep. 23...more47minPlay
FAQs about Net nog enetjie:How many episodes does Net nog enetjie have?The podcast currently has 52 episodes available.