Wat doen jy as Jesus nie optree soos, wel... Jesus nie?
In hierdie episode van Sondag tot Sondag gesels Pieter en Morné oor daai een ongemaklike teks — Markus 7:24–30 — waar Jesus ’n desperate ma halfpad as ’n hond uitskel… en dan tog haar dogter genees. Huh?
Dis ’n episode vol eerlike vrae, rou emosies en 'n geloofsgesprek wat begin met "ek was só moeg en toe eet ek ’n Pronutro protein bar wat my amper laat breek het..."
Ons praat oor waarom ons soms méér van Jesus verwag as wat ons self bereid is om te gee, wat gebeur wanneer jy jou pantser nie afhaal voor jy by die huis instap nie, en hoekom jy dalk moet ophou om vir alles verskoning te vra.
As jy ooit gewonder het hoe geloof, menswees, en ’n goeie krummel genade saamwerk - dis nou jou kans!