
Sign up to save your podcasts
Or


Ons word bewus van God se transformerende liefde.
Wat doen jy as Jesus nie optree soos, wel... Jesus nie?
In hierdie episode van Sondag tot Sondag gesels Pieter en Morné oor daai een ongemaklike teks — Markus 7:24–30 — waar Jesus ’n desperate ma halfpad as ’n hond uitskel… en dan tog haar dogter genees. Huh?
Dis ’n episode vol eerlike vrae, rou emosies en 'n geloofsgesprek wat begin met "ek was só moeg en toe eet ek ’n Pronutro protein bar wat my amper laat breek het..."
Ons praat oor waarom ons soms méér van Jesus verwag as wat ons self bereid is om te gee, wat gebeur wanneer jy jou pantser nie afhaal voor jy by die huis instap nie, en hoekom jy dalk moet ophou om vir alles verskoning te vra.
As jy ooit gewonder het hoe geloof, menswees, en ’n goeie krummel genade saamwerk - dis nou jou kans!
📖 Tema: God as Beskermheer
🕊️ Bybeltekste: Psalm 91:1-4; Jesaja 41:10; Johannes 10:28-29
In hierdie stil gebedsmeditasie oor Efesiërs 4:25–32 word jy genooi om te reflekteer oor die krag van jou woorde, die invloed van jou gesindheid, en die heling wat ware vergifnis bring. Ontdek hoe Christus se nuwe lewe jou roep tot opbouende verhoudings, sagmoedigheid en genadige gemeenskap. Hoe jy as deel van God se liggaam, God beliggaam.
In hierdie sagte, introspektiewe gebedsmeditasie word jy genooi om stil te raak en te reflekteer oor Efesiërs 4:20–24 — die neerlê van die ou mens en die aantrek van die nuwe, geskep in Christus. Laat God se teenwoordigheid jou lei tot vernuwing, rustigheid en ’n simboliese stap na ’n dieper lewe van geloof.
In hierdie sagte en stil episode van Gebedsbegeleiding word jy uitgenooi om in te sak in die laaste gebed van Jesus vir sy vriende – en vir jou.
Met Johannes 17:20–26 as anker, beweeg ons stadig deur stilte, teksmeditasie, refleksievrae en rou gebed.
Hier is geen haas of druk nie — net ’n heilige ruimte waarin jy mag wees: broos, verlangend, geliefd.
Jesus se gebed vir eenheid, liefde en teenwoordigheid word ’n uitnodiging tot rus, vertroue en oorgawe.
Kom sit stil. Kom wees.
From the publisher's feed