
Sign up to save your podcasts
Or


God help ons om te vereenvoudig sodat ons kan onderskei wat werklik saakmaak in die lewe.
Wat beteken dit om te glo dat Christus nie net rondom jou werk nie… maar binne jou leef?
In hierdie episode word jy stadig, eerlik en sag na ’n plek van innerlike bewussyn begelei. Vanuit Kolossense 1:27 — “Christus in julle, die hoop op heerlikheid” — word ons herinner dat geloof nie net ’n stel waarhede is nie, maar ’n inwoning… ’n teenwoordigheid wat leef in jou diepste self.
Hier is nie plek vir prestasie nie. Geen maskers, geen rangorde, geen uitsluiting.
Net ’n fluistering:
Hy is in jou.
En dít is genoeg.
Hierdie gebedstyd nooi jou om te luister —
na jou asem, na die stilte,
en na die sagte beweging van God…
in jou.
Die predikante trek in die nuwe ateljee in, daar’s nog ’n paar kinkels in die kabels (en plafon) is Pieter en Morné terug agter die mikrofoon en praat hulle oor toxic waste (die suurlekkergoed en metafories)! ’n Spontane proe-sessie loop oor in ’n diep gesprek oor hoekom ons soms die dinge inneem (fisies en geestelik) wat ons weet vir ons sleg is… en hoe ons eerder kan kies vir ’n doelbewuste lewe in Christus.
Met Genesis 50 op die horison, sluit hulle die Genesis-reeks af – en besin oor die pad van transformasie wat Efesiërs 4 oopmaak: “Doen weg wat julle ou natuur betref…”
In hierdie gebedsbegeleiding staan ons stil by ’n heilige en rou oomblik in Lukas 22:42–46 — Jesus se gebed in die tuin van Getsemane.
Ons hoor die woorde wat tussen vrees en vertroue leef: “Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg. Nogtans, laat nie my wil nie, maar U s’n geskied.”
Ons sien Hom in angs, gebuk onder die gewig van lyding, en tog ook… in oorgawe.
Hierdie episode nooi jou om stadig te beweeg deur stilte, emosie en gebed — en om saam met Jesus in daardie spanning te bly: tussen wat jy wil hê en wat God wil doen.
Dis ’n episode oor eerlikheid in gebed, oor hoe dit voel as die hemel stil is, en oor hoe selfs lyding heilig kan wees wanneer jy dit met God deel.
Maak ’n plek oop in jou hart — vir rus, vir rou, en vir die sagtheid van oorgawe.
In hierdie gebedsmeditasie word jy genooi om stil te word saam met Psalm 130 — ’n lied van roep, wag en hoop. Dis ’n gebed uit die donker, maar nie sonder vertroue nie. Hierdie episode gee ruimte vir die een wat wag, wat twyfel, wat nie weet of die môre gaan kom nie — maar steeds uitroep.
Met sagte begeleiding, refleksie, stilte en gebed, nooi hierdie episode jou om net te wees: sonder antwoorde, sonder planne. Want selfs uit die dieptes… hoor God.
Teks: Psalm 130:1–8 (AFR2020)
Tema: Roep uit die diepte, wag op die Here, vind rus in God se genade
Duur: ±10 minute
Luister stadig. Laat dit jou vind waar jy is.
In hierdie week se Sondag tot Sondag-gesprek ontvang ons gasspreker en prediker Stefni Jacobs. Pieter en Stefni deel stories oor hoe vergifnis en herstel hul eie lewens en roepingspad raak. Stefni vertel aangrypend van haar werkservaring by Jakaranda en Louis Botha kinderhuise, en hoe sy gesien het dat mense wat diep seergekry het, tog keuses maak om verby pyn te leef – of nie. Haar insigte nooi ons om met meer empatie en eerlikheid oor vergifnis te praat, ook binne ons geloofsgemeenskap.
Pieter deel ’n persoonlike getuienis van hoe hy ná jare weer kontak kon maak met sy neef, en hoe hulle nou besig is om ’n betekenisvolle verhouding te bou. Dit is vir hom ’n teken van God se genade en die misterieuse manier waarop versoening werk – nie altyd onmiddellik nie, maar altyd moontlik.
Ons gesels verder oor die tekste van Genesis 45 en 50 wat in die vorige en komende erediens aan die woord kom, en hoe Josef se verhaal van vergifnis en sorg vir sy broers ons help verstaan hoe God se goedheid sterker is as mense se kwaad – en hoe dít vandag nog in ons lewens waar word.
In hierdie meditatiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te raak by ’n oomblik van genesing én konfrontasie. Lukas 6:6–11 vertel van Jesus wat ’n man met ’n verdorde hand genees — nie op ’n toevallige tyd nie, maar in die sinagoge, op die Sabbat, terwyl almal kyk.
Hierdie is ’n gebed vir dié wat selfbewus is. Wat bang is om verkeerd te doen. Wat iets dra wat hulle eerder wegsteek… maar wat Jesus tog nooi: “Kom staan tussen ons.”
Met sagte refleksie, stiltes, vrae en gebed, word jy uitgenooi om nie te presteer nie, maar om net teenwoordig te wees. Miskien is dit tyd… om jou hand uit te steek.
Teks: Lukas 6:6–11 (AFR2020)
Tema: Genesing, gehoorsaamheid en eerlikheid in die teenwoordigheid van God
Duur: ±10 minute
’n Oomblik van rus vir wanneer jy nie seker is wat reg is nie — maar weet jy wil naby wees aan Jesus.
Hierdie episode is vir mense wat nie perfek is nie
From the publisher's feed