
Sign up to save your podcasts
Or


Volledig Geken is ’n rustige, meditatiewe podcast gebaseer op Psalm 139, wat jou nooi om stil te word in die teenwoordigheid van God. In elke episode verken ons die wonder van ’n God wat ons ten volle ken—ons vrese, drome, en verlange—sonder oordeel, net met liefde.
Met stadige Skrifvoorlesing, reflektiewe vrae en geleenthede vir stilte en gebed, help hierdie podcast jou om nader aan God te beweeg en Sy helende teenwoordigheid te ervaar.
In hierdie Aswoensdag podcast word ons genooi om stil te word en die diepte van Lydenstyd te verken. Wanneer die winter van die lewe ons tref—wanneer ons swaarkry, verlies, mislukking en stilte ervaar—waar is God?
Gebaseer op Genesis 3:14-24, reflekteer ons oor die tema “God in die winter van die lewe”, ’n herinnering dat selfs in ons donkerste seisoene, God steeds teenwoordig is. Soos die natuur in die koue stil word en wag op die lente, so werk God onsigbaar ondergronds aan nuwe groei, selfs wanneer ons dit nie sien nie.
Hierdie podcast is ’n kombinasie van Skriflesing, reflektiewe vrae, stiltemomente en gebed, wat jou nooi om te rus in God se teenwoordigheid. Ons ondersoek:
Hierdie is ’n stadige, nadenkende podcast vir enigeen wat in Lydenstyd wil dink, luister, en God se sagte asem oor hul lewe wil ervaar.
Neem ‘n oomblik, asem diep in, en laat ons saam reis deur die winterseisoen van die siel, op pad na nuwe groei.
Luister en wees stil voor die Here.
Ons reflekteer rondom Matteus 11:28-30 en ons eie gedagtes, emosies, gevoelens en denke.
Benodighede:
'n Bybel, notaboek en pen, 'n kers.
Ons reflekteer oor Psalm 131, die noodsaaklikheid van rus en oorgawe aan God.
“Wat is dit wat werklik saakmaak?” neem jou op ʼn reis om God se koninkryk te ontdek te midde van die chaos van die alledaagse lewe. In ʼn wêreld vol eise en druk, wys hierdie potgooi jou hoe om rus te vind, perspektief te kry, en op die regte dinge te fokus. Kom luister na insigte, stories en Bybelse waarheid wat jou help om te leef vanuit wat regtig belangrik is.
Deel jou storie met my deur 'n boodskap of stemnota op WhatsApp by 082 565 9453. Jy kan ook 'n e-pos rig na my by [email protected].
In hierdie week se episode, val Morné van die bed af, en Pieter voel selfbewus in Midstream.
Ons reflekteer rondom Psalm 46 en ons eie gedagtes, emosies, gevoelens en denke.
Benodighede:
'n Bybel, notaboek en pen, 'n kers.
From the publisher's feed