Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Etosha-brand: Waar's die planne, hulpbronne?
    Die jongste veldbrande in die Etosha Nasionale Park het gelei tot hernude oproepe om beter paraatheid en reaksie ten opsigte van veldbrande in Namibië. Meer as 18 000 hektaar is reeds verwoes. Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewingsake en toerisme, sê die brande wat oor die naweek in die Halali-, Kamaseb- en Tsam-gebiede aangemeld is, beklemtoon ernstige kommer oor die land se vermoë om op groot veldbrande te reageer. Hy sê die herhaling van groot brande, minder as 'n jaar na die verwoestende Etosha-brand van 2025, laat vrae ontstaan oor paraatheid, koördinering en hulpbronne. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Trump herhaal dat Ierland verenig moet word
    Amerikaanse president Donald Trump het vir ’n derde keer sy steun vir Ierse hereniging uitgespreek en gesê dit is “natuurlik” om Noord-Ierland en die Republiek Ierland byeen te bring. Trump het Sondag by die Ierse Ope in Doonbeg gesê hy “hou van” die reaksie op sy vroeëre opmerkings en hereniging as ’n “baie koel ding” beskryf. Sy opmerkings het kritiek van vakbondgesindes in Noord-Ierland en Brittanje ontlok. Reform UK se Robert Jenrick het Trump se kommentaar as “heeltemal verkeerd” bestempel. Trump het Saterdag in Dublin die eerste keer steun vir ’n verenigde Ierland uitgespreek.
    1 min
  • Ramaphosa sê Brics moet multilateralisme versterk
    President Cyril Ramaphosa het Brics-lande gevra om multilateralisme te versterk deur middel van betekenisvolle hervorming en gesamentlike optrede. Hy het gepraat tydens 'n geslote sessie oor inklusiewe wêreldwye bestuur en die versterking van multilateralisme by die Brics-beraad in Nieu-Delhi, Indië. Ramaphosa het egter gewaarsku dat die relevansie van die VN en die toekoms van multilateralisme toenemend bedreig word weens skendings van die VN-handves en die gebruik van oorlog om geskille op te los:
    1 min
  • Nuwe regulasies sal billike toetsing by NaTIS
    Die woordvoerder van die Paaie-owerheid, Hileni Fillemon, sê dat komende nasionale bestuurskoolregulasies daarop gemik is om streng akkreditasiestandaarde af te dwing, vooroordeel uit te skakel en billike toetsing by alle NaTIS-sentrums te verseker. Die owerheid het onlangs 'n interne ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupte skakels en belangebotsings tussen NaTIS-bestuurstoetseksaminatore en private bestuurskole nadat klagtes deur belanghebbendes in die bedryf ingedien is. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Nuwe CoW-stelsel vir swaarvoetuie bekommer konstruksiebedryf
    Die Konstruksie Industrie-federasie het kommer uitgespreek oor die finansiële en operasionele implikasies van die Stad Windhoek se nuut ingestelde stelsel vir toegang en permitte vir swaarvoertuie. Die stelsel het op 1 September in werking getree, terwyl kameragebaseerde handhawing en kitsboetes na verwagting op 1 Oktober sal begin. Voertuie met 'n bruto voertuigmassa van 9 ton of meer sal permitte benodig wanneer hulle buite die aangewese roetes vir swaarvoertuie ry. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Grondbesit beteken verantwoordelikheid, sê Zaamwani
    Landbouminister Inge Zaamwani het Saterdag toewysingsbriewe aan 101 begunstigdes van Plaas Tsintsabis No. 881 en Plaas Urwald No. 1150 oorhandig. Zaamwani het op Tsintsabis gesê grondhervorming is die begin van ’n verantwoordelikheid om hervestiging in produktiewe en volhoubare lewensbestaan te omskep. Die minister het ook ’n beroep gedoen op verantwoordelike weiding-, grond- en waterbestuur om Namibië se kwesbare ekosisteme te beskerm.
    1 min
  • Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer
    Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy is steeds in aanhouding:
    1 min
  • Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika
    Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné van den Berg, Malcolm Marx, Pieter-Steph du Toit, Kurt-Lee Arendse en Cameron Hanekom wat die doellyn oorgesteek het. Suid-Afrika het teen rustyd met 17-14 voorgeloop. Kaptein Siya Kolisi het ná die wedstryd kommentaar gelewer:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.