Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Inligtingskommissie byna afgehandel: Theofelus
    Die werwing van Namibië se eerste inligtingskommissaris en sy adjunk sal na verwagting hervat word na 'n pouse om breër belanghebberkonsultasies oor die Wet op Toegang tot Inligting in Maart 2026 te voer. Die minister van inligting, Emma Theofelus, het aan die parlement gesê dat die ministerie nou al die oorblywende belanghebbendes, behalwe twee, geraadpleeg het.
    1 min
  • Israelse minister dreig NAZA-regisseurs met burgserskap-straf
    Die Israelse minister van Kultuur, Miki Zohar, dreig om die burgerskap van twee rolprentregisseurs te herroep oor 'n dokumentêr wat die regering se oorlogsmisdade in Gaza ontbloot. Die dokumentêr, NAZA, deur Yuval Abraham en Rachel Szor, bevat onthullende onderhoude met 24 Israelse militêre intelligensie-amptenare en soldate oor hoe burgerlikes geteiken is. Dit het vanjaar die spesiale Jurie-prys op die Venesiese Rolprentfees gewen. Zohar beskuldig die regisseurs van verraad, maar Abraham beskryf die dokumentêr as belangrik:
    1 min
  • Alle modelle van KI moet hersien word
    Die herrie rakende kunsmatige intelligensie duur voort met president Donald Trump wat weier om te glo dat daar ‘n risiko is en sê die VSA is in ‘n wedloop met die wêreld om KI te beheer. Dit kom na Anthropic gewaarsku het oor beduidende risiko’s. Voormalige navorsers, soos Jacob Coxon, het in die openbaar bedank uit protes oor wat hulle as 'n roekelose bedryfswedloop beskryf. Kritici binne die maatskappy voer aan dat terwyl bestuurders privaat katastrofiese verlies aan beheer vrees, die mededingende kommersiële druk om superintelligensie te bou versigtige ontplooiing oorheers. Elena Simperl, die mede-direkteur van die King’s-instituut vir Kunsmatige Intelligensie sê dis nie net nuwe tegnologie nie.
    1 min
  • SA Christen-forum vra vir herstel van doodstraf
    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra ʼn onmiddellike nasionale referendum om die Grondwet te hersien en te wysig om weer die doodstraf vir moordenaars in te stel. Dit volg na die moord op vier vroue in Rhodesfield, Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die forum se president, Marothi Mashashane, sê die voortslepende geweld teen vroue in die land het ʼn rampspoedige vlak bereik, en huidige regsraamwerke skrik nie oortreders af nie:
    1 min
  • Namibiese span vertrek vir 48ste WorldSkills in China
    ’n Span van 17 jong deelnemers, wat in 16 kategorieë vir beroeps- en tegniese vaardighede meeding, verteenwoordig Namibië by die 48ste WorldSkills-kompetisie in Sjanghai, China, van 22 tot 27 September. Tydens ’n afskeidsgeleentheid by die Staatshuis vanoggend het president Netumbo Nandi-Ndaitwah beklemtoon hoe belangrik dit vir Namibiërs is om hul vaardighede te verbeter ten einde nasionale ontwikkeling te bevorder.
    1 min
  • Houtkappery het weer begin, onvoldoende toesig
    Die onwettige kap van bome het weer in Noord-Namibië posgevat, en daar heers toenemende kommer oor die afkap van bome op plase naby die Mururani-hek in Kavango Wes. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie bedrywighede blykbaar reeds weke of selfs maande lank aan die gang is - foto's toon dat boomstamme reeds langs die hoofpad opgestapel is. Paxton beweer dat permitte moontlik vir 'n beperkte aantal bome uitgereik word, terwyl daar uiteindelik baie meer bome afgekap word.
    1 min
  • Groot kommer oor olie, reserwes en 'n moontlike resessie
    Ekonome waarsku teen verdere stygings in wêreldoliepryse nadat Saoedi-Arabië sy kritieke Oos-Wes-ru-oliepyplyn tydelik gesluit het ná hommeltuigaanvalle in die gebiede van Riaad en Medina. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Roodt gepraat: Hy sê wêreldwye oliereserwes neem reeds af midde die voortdurende konflik tussen Iran en die VSA.
    1 min
  • Trump blameer Oekraïne vir dieselprys
    President Donald Trump van Amerika het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, gevra om aanvalle op Russiese diesel-raffinaderye te staak en sê dit veroorsaak ʼn wêreldwye tekort. Kiëf val Moskou se olie- en gasbedryf met langafstand-wapens aan, wat gelei het tot rantsoenering en dat Moskou in Julie diesel-uitvoere verbied het. Rusland het die afgelope weke sy lugaanvalle verskerp, en gebruik ballistiese missiele en straal-aangedrewe hommeltuie om Oekraïne se kragnetwerk te teiken. Trump sê daar is baie ander teikens wat Zelensky kan tref:
    1 min
  • R9m se nagemaakte goedere in Pretoria gevind
    Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het op nagemaakte goedere ter waarde van meer as 9 miljoen Suid-Afrikaanse rand beslag gelê tydens 'n multidissiplinêre operasie in Marabastad, Pretoria. Meer as 10 000 nagemaakte items, insluitend handelsmerk-sportklere, skoene, skoonheidsmiddels en selfone, is tydens die weeklange optrede gekonfiskeer. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die klopjag was deel van voortgesette landwye pogings om die onwettige handel, vervaardiging en verspreiding van nagemaakte en onwettige goedere in Suid-Afrika te ontwrig en te ontbloot:
    1 min
  • KI kan vooruitgang bring maar daar is risiko's - Ramaphosa
    President Cyril Ramaphosa sê kunsmatige intelligensie kan 'n nuwe era van produktiwiteit en menslike vooruitgang inlui, maar waarsku teen ernstige risiko's indien gevorderde stelsels menslike beheer sou ontsnap. Ramaphosa het tydens die Brics-leiersberaad in Nieu-Delhi, Indië, gesê die bedreigings sluit in gevorderde kuberaanvalle, die ontwikkeling van biologiese wapens, massa-waarneming, werksverliese en moeilik beheerbare outonome stelsels. Hy sê mense moet nie bang wees vir kunsmatige intelligensie nie en nie roekeloos daarmee werk nie:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.