Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Forum eis Majodina se bedanking na kru taal, beledigings
    Die Citizens and Activists Forum eis die afdanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, ná beweerde onbehoorlike gedrag tydens inwoners-vergaderings. Woordvoerder Dennis Bloem sê Morero het glo 'n inwoner van Soweto beledig en Majodina het na bewering op 'n gestremde inwoner geskree en kru taal gebruik. Hy sê president Cyril Ramaphosa bestempel die optrede as onaanvaarbaar, en vra onmiddellike ingryping:
    1 min
  • Visverbruik en sakegeleenthede kry hupstoot in Erongo
    Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses se Visverbruik-bevorderingsprojek van 2,6 miljoen Namibiese dollar is in Swakopmund van stapel gestuur om die plaaslike gebruik en eet van vis te bevorder en sakegeleenthede in die streek se sewe kiesafdelings te skep. Sy sê dat mariene hulpbronne aan landsburgers behoort en dat vis die kusgemeenskappe deur werkverskaffing moet bevoordeel, eerder as om net uitgevoer te word.
    1 min
  • Trump sê KI nie so gevaarlik nie
    President Donald Trump van Amerika verwerp toenemende kommer oor kunsmatige intelligensie en sê dit gaan meer goed doen as kwaad. 'n Leier in die K-I-wedloop, Anthropic se uitvoerende hoof, Dario Amodei, waarsku dit ontwikkel so vinnig dat dit beter kan raak as die mens se vermoë om dit te bestuur. Trump erken die behoefte aan regulering, maar is meer bekommerd dat Amerika sy voorsprong in KI-medediging aan China gaan afstaan:
    1 min
  • Meatco bevorder planne vir noord van Rooilyn
    Meatco bevorder sy planne om bedrywighede noord van die veeartsenykundige grensheining te hervorm volgens 'n meer gefokusde en volhoubare model. Met 'n geskatte een miljoen beeste in die noordelike gemeenskaplike gebiede, waarvan ongeveer 30 persent as geskik vir slagting beskou word, plaas die padkaart hernude klem op die verbetering van marktoegang vir gemeenskaplike produsente. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira verskaf meer besonderhede.
    1 min
  • 6th Grain 'het nog nie landbouministerie gedagvaar'
    Die landbouministerie bevestig dat hy nog nie formeel 'n regsvereiste vir 13 miljoen Namibiese dollar van die Amerikaanse tegnologiemaatskappy 6th Grain Corporation ontvang het nie, na die kansellasie op bevel van die kabinet, van sy kontrak vir gewasmonitering. Volgens berigte het die maatskappy regsverteenwoordigers aangestel om vergoeding en skadevergoeding van 13 miljoen dollar te eis vir onder andere werk wat reeds gedoen is. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het meer:
    1 min
  • Eerste minister waarborg geldelike steun vir Brave Warriors
    Eerste minister en beskermheer van die Namibiese Sokkervereniging, Elijah Ngurare, het die regering se verbintenis tot ondersteuning van die nasionale sokkerspan, die Brave Warriors, herbevestig. Hy erken die span se frustrasie omdat tuiswedstryde in die buiteland gespeel moet word weens swak stadions. Ngurare het tydens 'n besoek aan die vereniging gesê langtermyn-stadionopknappings is aan die gang, en die regering waarborg dat alle basiese operasionele en finansiële behoeftes vir internasionale reise ten volle nagekom sal word. Hy het kosteberamings van die vereniging gevra om onmiddellike staatshulp te struktureer.
    1 min
  • Kry eers jou huis reg: ekonoom aan regering oor olie-, kunsmislenings
    Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n nuwe Globale Energie- en Kunsmis Krisis-reaksieraamwerk van 5 miljard Amerikaanse dollar goedgekeur om Afrika-ekonomieë teen stygende oliepryse en ontwrigtings in voorsieningskettings in die Midde-Ooste te beskerm. Terwyl hy die konsessieleningsinisiatief verwelkom het, het ekonoom Gabriel Erastus aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die inisiatief is welkom, maar die regering moet sy interne verspreiding-knelpunte en toegang vir boere regstel voordat hy meer skuld maak:
    1 min
  • Nasionale Jeugdiens 'is vir almal, verpligte nasionale diens moontlik'
    Die regering ondersoek die moontlikheid om verpligte nasionale diens vir jong Namibiërs, veral diegene wat die skool verlaat, in te stel. Onderwyminister Sanet Steenkamp het dit tydens die inhuldiging van die Nasionale Jeugdiens se nuwe raad gesê. Sy wys daarop dat die jeugdiens vir alle jongmense toeganklik moet wees.
    1 min
  • Niks meer sardynvrektes in SA aangemeld
    Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het sedert vroeg hierdie maand geen verdere berigte van sardyn-vrektes ontvang nie. Wydverspreide vrektes onder die vis is langs die Suid-Afrikaanse en Namibiese kus aangemeld. 'n Woordvoerder, Zolile Nqayi, sê die volgehoue hoë vlakke van die sardyn-herpesvirus in die vis – insluitend monsters van die Wes- en die Oos-Kaap – dui daarop dat die virus die waarskynlikste hoofoorsaak van die vrektes is:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.