Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Stop werk tydelik by Uis-tinmyn, vra MUN
    Die Mynwerkersunie het gevra vir die tydelike opskorting van werksaamhede by Andrada Mining se Uis-tinmyn ná die dood van 'n werker. Die werker is Maandag oorlede nadat hy by die werk ineengestort het. Niklaas Afrikaner, die vakbond se voorsitter vir die westelike streek, sê die voorval het die werksmag diep geraak en eis dat die betrokke gebied behoorlik beveilig word en dat alle relevante inligting, bewyse, toerusting en rekords wat met die voorval verband hou, bewaar word.
    Niklaas Afrikaner Dinsdag
    1 min
  • Houthi-geweld ontheem 94 000
    Onlangse verslae van die Verenigde Nasies beklemtoon 'n skerp toename in die ontworteling van burgerlikes, aangedryf deur eskalerende militêre operasies en die opmars van Houthi-magte. Ongeveer 125 000 mense van 18 000 huishoudings is sedert die begin van September alleen ontheem. Die VN se Internasionale Organisasie vir Migrasie het verder bevestig dat byna 94 000 mense onlangs in die suidweste van Jemen ontwortel is weens aktiewe gevegte tussen regeringsmagte en Houthi-rebelle. Die adjunk-woordvoerder van die VN Farhan Haq.
    1 min
  • Saftu reageer op Kempton-moorde
    Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê geslagsgeweld en vrouemoord is nie geïsoleerde misdade nie, maar simptome van 'n veel dieper maatskaplike krisis:
    1 min
  • Naretu sê strenger strawwe sal nie dronkbestuur oplos nie
    Die Namibia Revolutionary Transport and Manufacturing Union, Naretu, sê strenger strawwe alleen sal nie die dronkbestuur-krisis oplos nie. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir strenger strawwe vir motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Naretu se leier, Petersen Kambinda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die hele stelsel vir bestuurslisensies ook hersien moet word en dat verpligte opleiding in defensiewe bestuur vir alle motoriste ingestel moet word.
    1 min
  • Sally Field bring hulde aan Dolly Parton
    Die 78ste Emmy-toekennings het in Los Angeles afgesluit met The Pitt wat groot gewen het. Oudergewoonte was daar emosionele oomblikke en Sally Field, wat die toekenning gewen vir uitmuntende hoofaktrise vir haar rol in Remarkably Bright Creatures, gewen het, het hulde gebring aan haar jare-lange vriendin Dolly Parton.
    1 min
  • Ministerie herinner aan hoër minimumloon vir sekuriteit
    Die arbeidministerie maak dit duidelik dat sekuriteitswerkers die hoër nasionale minimumloon betaal moet word, ongeag laer tariewe wat in 'n kollektiewe ooreenkoms vervat is. Die ministerie sê sekuriteitswagte in die konstruksiebedryf moet vanjaar minstens 16 Namibiese dollar per uur ontvang, wat vanaf Januarie 2027 tot 18 dollar per uur sal styg. Die ministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, sê die nasionale minimumloon geniet voorrang waar 'n kollektiewe ooreenkoms minder gunstige vergoeding bepaal.
    1 min
  • Amodei sê KI word gereguleer
    Die regulering van KI bly in die nuus. In sy onderhoud met Anderson Cooper op CNN, het Dario Amodei, uitvoerende hoof van Anthropic, die maatskappy se benadering tot die toetsing van gevorderde modelle en die bestuur van KI-veiligheid bespreek. Amodei sê hulle gebruik onafhanklike inspekteurs.
    1 min
  • SA publiek moenie bespiegel oor N1-ongeluk nie
    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap maan die publiek om nie oor die oorsaak van die dodelike ongeluk op die N1 te bespiegel of skuldiges uit te wys voor die feite bepaal is nie. Een-en-twintig mense is dood na 'n botsing tussen twee minibus-taxi's en 'n stasiewa tussen Prins Albert-weg en Leeu-Gamka. Die provinsiale voorsitter van SANTACO, Besuthu Ndungane, sê die tragedie is 'n herinnering dat elke reis die verantwoordelikheid meebring om lewens te beskerm:
    1 min
  • Hakeem Jeffries vra vir stappe om KI te beheer
    Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het 'n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat 'n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en waarsku dit kan menslikheid uitwis as dit nie dopgehou word nie. Jeffries sê Amerikaners moet die voordele van kunsmatige intelligensie benut onder om onderwerp te word aan die baie werklike en gevaarlike nadelige aspekte:
    1 min
  • Gautengse wetgewer waarsku teen reeksmoordenaar bespiegelinge
    Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met 'n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku het die publiek versoek om gerugte te vermy wat die polisie-ondersoek kan belemmer of onnodige paniek kan veroorsaak:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.