Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Hill-Lewis vra beter wetstoepassing met Ekurhuleni-moorde
    DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van sewe vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en nouer samewerking tussen die polisie en gemeenskappe:
    1 min
  • Stem vir kleiner partye nie verlore: Bosa
    Suid-Afrika vier vandag Internasionale Dag van Demokrasie en Build One South Africa sê 50-dae voor die plaaslike regeringsverkiesing 'n stem vir 'n kleiner party is nie 'n verlore stem nie. Graham Charters van die party sê gevestigde partye baat by die wanopvatting dat slegs hulle 'n werklike kans staan om te regeer. Hy sê Suid-Afrika het 'n koalisietydperk betree en kiesers moet partye steun wat hul waardes die beste weerspieël:
    1 min
  • Spreek foute met staatstoelaes dringend aan: kampvegters
    Gestremdheidsregte kampvegters in die Kharas-streek doen 'n beroep op die regering om administratiewe foute wat begunstigdes se maandelikse toelaas affekteer so dringend moontlik aan te spreek. Dit, nadat sommige begunstigdes uitgesluit is van die onlangse verhoging van die staatstoelae van 100 Namibiese dollar. Die voorsitter van die People's Revolution Association, Ambrosius Matheus, sê die lyn-ministerie moet teenstrydige toelae-uitbetalings verduidelik.
    1 min
  • Persoon van belang in Rehoboth-seun se moord in arres
    NamPol het 'n man van Rehoboth in hegtenis geneem as 'n persoon van belang in verband met die moord op die 11-jarige Gerhardt Doëseb. Die Graad 5-leerder is as vermis aangemeld nadat hy op 11 September nie van die skool af by die huis aangekom het nie. Sy liggaam is later in 'n rivierbedding naby die Oanob-brug gevind deur meisies wat bokke opgepas het. Die polisie sê kneusplekke is aan sy liggaam opgemerk, en sy stiefpa word in verband met die moord ondervra. NamPol se streekskoördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardap-streek, adjunkkommissaris Theodore Kutongondo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Nasionale jeugdiens vir almal verg deeglike beplanning
    Die instelling van 'n verpligte nasionale jeugdiens, veral vir skoolverlaters, blyk om daagliks toenemende steun te kry. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hoewel die idee prysenswaardig is, enige stap in die rigting van verpligte diens deeglike openbare konsultasie, beleidsaanpassings en wetgewende prosesse vereis.
    1 min
  • 'Under the Cap'-veldtog kan jou beursie laat boepstaan
    Coca-Cola Beverages Africa in Namibië het sy gewilde "Under the Cap"-veldtog hervat en bied Namibiërs die kans om 'n deel van 1 miljoen Namibiese dollar in kontantpryse te wen. Coca-Cola Namibië se woordvoerder, Ockert Jansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die landwye promosie wat tot 31 Desember duur, bied weeklikse pryse aan. Hy sê verbruikers kan deelneem deur deelnemende Coca-Cola-drankies te koop en na 'n unieke kode onder die geel botteldop te soek.
    1 min
  • AfriForum-verslag wys wreedheid van plaasaanvalle uit
    'n Verslag deur AfriForum ná die ondersoek na 47 gewelddadige plaasaanvalle tussen 2019 en 2025, dui op 'n herhalende patroon van marteling. Daarvolgens is slagoffers gebrand, gesteek, verwurg en seksueel mishandel. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasaanvalle kom in al nege provinsies voor, en vra die regering om dit te erken as 'n misdaad wat dringende aandag en spesialis-reaksie vereis. Broodryk vra ook dat slagspreuke soos "Kill the Boer" veroordeel word.
    1 min
  • Nuwe riglyne maak aftreefondse maklik verstaanbaar
    Namfisa het 'n nuwe lys riglyne uitgereik wat die formaat en vereistes uiteensit vir die reëls wat op geregistreerde aftreefondse, begunstigdefondse en onderlinge hulpverenigings van toepassing is. Die riglyne geld ook vir hul rade, hoofbeamptes en administrateurs. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die nuwe riglyne bevorder deursigtigheid en die gebruik van eenvoudige taal, en versterk risikobestuur.
    1 min
  • Krieket: Engeland-afrigter entoesiasties oor Pietersen
    Krieket: Engeland se witbal-hoofafrigter, Brendon McCullum, hoop die gewese kaptein, Kevin Pietersen, se groot persoonlikheid en mededingingsgees sal die spelers aansteek. Pietersen het aangesluit as ‘n spesialis-mentor tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Hy het Sondag in Southampton by die span aangesluit voor die eerste van drie T20- en drie eendagwedstryde teen Sri Lanka, wat môre begin. McCullum sê Pietersen maak reeds ‘n reuse-verskil:
    Brendon McCullum Dinsdag
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.