Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Mense het goeie rede tot kommer oor KI - Altman
    OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, sê die wêreld moet kunsmatige-intelligensiemaatskappye vertrou om die regte ding te doen omdat hulle die druk voel om verantwoordelik op te tree. Daar was die afgelope tyd toenemend kommer oor die tegnologie se moontlike gevare, en Anthropic se hoof, Dario Amodei, doen ʼn beroep dat alle KI-ontwikkeling verlangsaam word, terwyl hy regerings aanmoedig om die bedryf te reguleer. Altman het by ʼn konferensie in San Francisco erken mense het goeie rede om die gevare wat kunsmatige intelligensie inhou, te vrees:
    1 min
  • NNN waarsku regbank oor integriteit, standaarde
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verklaar dat korrupsie en ‘n gebrek aan integriteit geen plek in Namibië se strafregstelsel het nie, en gewaarsku dat openbare vertroue ineenstort as hofuitsprake as onregverdig geag word. Met die opening van die eerste driedaagse Staat van Geregtigheid-konferensie het sy regspraktisyns, landdroste en regterlike beamptes versoek om streng etiese standaarde te handhaaf en openbare vertroue te herbou, en gewaarsku teen die opstel van verslae sonder aksie.
    1 min
  • Namibië se kookkuns bly tops
    Sjef Dagmar Grüner is as Namibië se Sjef van die Jaar by die Nust Hotelskool gekroon en is die eerste deelnemer in meer as vyf jaar wat 'n goue sertifikaat verwerf het deur meer as 90 persent te behaal. Kompetisiebeoordelaar Sanet Prinsloo het ook Cara Kotze as Skoolsjef van die Jaar en Elwaro Suze as Junior Sjef van die Jaar aangekondig, en die uitsonderlike vaardigheid wat in alle kategorieë vertoon is, geprys. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • IPC boos oor weerstelsels by lughawens
    Die IPC se skadu vervoerminister, Nelson Kalangula, waarsku dat die afgradering van Walvisbaai Internasionale Lughawe se lugruim na Klas G vlieëniers dwing om sonder lugverkeersbeheer of regstreekse weerdata te vlieg, wat veiligheid ernstig in die gedrang bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus na vlugomleidings na Hosea Kutako Internasionale Lughawe as gevolg van gebrekkige weerstelsels, het Kalangula die ministerie versoek om 'n openbare verantwoordingsverslag te publiseer en ononderbroke meteorologiese dienste te waarborg wat voldoen aan internasionale lugvaartstandaarde:
    1 min
  • Hardap het genoeg water tot die 2027 koringoes-seisoen
    Die Hardapdam is 53,8 persent vol en boere in die streek vertrou dat hulle genoeg watervoorraad het om robuuste plantsiklusse vir stapelgewasse soos mielies en koring te beplan, wat streeksvoedselsekerheid en plaaslike werkverskaffing sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels.
    1 min
  • EU moet sy energie-afhanklikheid aanspreek
    Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het die EU in Strasbourg, Frankryk toegespreek in haar jaarlikse toespraak. Sy het talle kwessies aangeraak maar, spesifiek melding gemaak van die stygende energiekostes wat die blok ervaar, nes elders oor die wêreld.
    1 min
  • Ebola: VN sê dit sal nog maande neem
    Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Rondom 7 200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna 3 500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord. Die ergste was die een in Wes-Afrika wat van 2014 tot 2016 geduur het. Die VN se spesiale Ebola-koördineerder, Julien Harneis, sê die epidemie bly geweldig groot en dit sal maande duur om dit onder beheer te kry:
    1 min
  • Solidariteit lê klag teen Amazon in Washington
    Solidariteit het 'n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor 'n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap uit en gaan verder as wat Suid-Afrikaanse wetgewing vereis. Hermann soek bemiddeling en wil hê Amazon moet die rasgebaseerde geskiktheidsvereiste verwyder.
    1 min
  • Eenhana se handelaars moes skuif - burgemeester
    Die burgemeester van Eenhana, Omri Onn Kavandje, sê die verskuiwing van straatverkopers na die dorp se aangewese opemark is noodsaaklik om openbare orde te handhaaf en beleggings te lok. Kavandje het tydens 'n vergadering met die bestuur en belanghebbendes van die Eenhana-stadsraad verduidelik dat die raad die dorp se verordeninge afdwing om beide belastingbetalende winkeleienaars en die verkopers self te beskerm.
    1 min
  • Verkrygingsraad en NaCC sal saamwerk
    Die Namibiese Verkrygingsraad en die Mededingingskommissie se nuut-getekende memorandum van ooreenkoms beoog om tender “konkelary” en prysmanipulasie met regeringskontrakte te beveg. Die raad se uitvoerende hoof, Idi Itope sê die ooreenkoms sal owerhede in staat stel om openbare verkryging gelyktydig vanuit twee rigtings te monitor en korrupsie makliker te ontbloot. Kommissie-woordvoerder Dina /Gowases sê deursigtigheid is wesenlik verbeter:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.