Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • SA loods aflandige windkrag raamwerk
    Die Suid Afrikaanse Departement van Elektrisiteit en Energie en die Wêreldbankgroep het 'n strategiese raamwerk vir die ontwikkeling van aflandige windkrag in Suid-Afrika bekend gestel. Die bekendstelling was tydens die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad. Adjunkminister Alexandra Abrahams sê Suid-Afrika se geografiese ligging sorg vir bestendige windtoestande langs die kus, wat geleenthede skep vir die ontwikkeling van hernubare energie. Sy voeg by die raamwerk vorm deel van studies oor aflandige windkrag wat die Wêreldbank laat doen het:
    1 min
  • Gariseb en Amushelelo vergader om 10:00 met Katutura-inwoners
    Die aktiviste vir sosiale geregtigheid, Shaun Gariseb en Michael Amushelelo, vergader vanoggend om tien met gemeenskapslede by die Katutura-jeugkompleks. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Gariseb dat dringende sosio-ekonomiese kwessies wat alle inwoners van Windhoek raak, bespreek sal word. Hy vra inwoners om self hul kwessies en uitdagings aan te pak, eerder om op die regering vir oplossings te wag.
    1 min
  • VS Federale Reserwe verhoog rentekoerse
    Die Amerikaanse Federale Reserwe het rentekoerse die eerste keer sedert 2023 verhoog om inflasie, wat bo sy teiken van twee-persent bly, te hanteer. Die federale raad het ʼn eenparige besluit geneem om die rentekoers met ʼn kwart persentasiepunt te verhoog na tussen 3,75-persent en vier-persent. Dit volg ten spyte van president Donald Trump se versoek dat rentekoerse verlaag word. Die raad se voorsitter, Kevin Warsh, sê drie dinge het sedert die Julie-vergadering verander: die ekonomie het versterk, inflasie het nie verlangsaam nie en geopolitieke spanning het toegeneem:
    1 min
  • Dwelm-verslawing dra by tot Okahandja-misdaad en gesinsgeweld
    Sylvia Haoses, stigter van die Anti-Dwelm- en Middelmisbruikveldtog in Okahandja, het 'n verenigde, jaarlikse poging aangewend om toenemende dwelm- en alkoholmisbruik te bestry, en gewaarsku dat dwelm-verslawing bydra tot misdaad en gesinsgeweld in die dorp. Haoses beklemtoon dat die bekamping van middelmisbruik toeganklike rehabilitasiedienste, jeugvaardigheidsontwikkeling en aktiewe samewerking tussen ouers, skole en wetstoepassing vereis eerder as eenmalige bewustheidsgeleenthede. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Krieket Namibië: Windhoek-krieketreekse baie suksesvol
    Krieket Namibië sê die onlangse krieket-reekse wat hier in Windhoek gespeel is, was baie suksesvol. Die FNB Eagles het as gasheer opgetree vir Suid-Afrika en Zimbabwe tydens die FNB T20-drielandereeks en 'n daaropvolgende bilaterale eendag-reeks in Windhoek. Die Proteas het in Namibië skoonskip gemaak toe hulle het die FNB T20-drielandereeks-trofee verower ná 'n strawwe eindstryd teen Zimbabwe. Hulle het daarna die Eagles geklop deur die reeks met 3-0 te wen. Hoewel die Namibiese Eagles in die wedstryde van 50 boulbeurte nie die paal kon haal nie, sê Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, dat dit vir hulle 'n opwindende ervaring was.
    1 min
  • Havana Distrikshospitaal-bouwerk vertraag deur onvoltooide dokumente
    Die ministerie van gesondheid sê die aanvanklike siviele werke vir die nuwe Windhoek Distrikshospitaal in Havana is vertraag nadat die projek geloods is voor ontwerpdokumentasie voltooi is. Ministerie-woordvoerder Walters Kamaya sê statutêre verkrygingsregulasies vereis 'n verpligte ses maande lange tenderproses en 'n 30-dae prestasiewaarborgvenster. Owerhede en die Ontwikkelingsbank van Namibië hersien formeel die projek se oorspronklike voltooiingsteiken vir 2027. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:.
    1 min
  • Partye vervreem jeug met bevrydingstryd-narratiewe
    Openbare beleidsontleder Marius Kudumo sê dat politieke partye jong kiesers kan vervreem deur op historiese narratiewe uit die bevrydingstryd staat te maak, eerder as om oplossings te bied vir huidige probleme soos jeugwerkloosheid en armoede. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kudumo oorbeklemtoning van die verlede kan 'n intergenerasionele ontkoppeling skep:
    1 min
  • Konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies in Windhoek vandag
    Die omgewingsministerie gaan vandag in Windhoek voort met openbare konsultasies oor luiperdtrofeejagregulasies, kwotas en fooie. Die sessie in Windhoek vind vanaf 08:00 by die Movenpick-hotel plaas. Hannes du Plessis, president van die Namibia Professional Hunting Association, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat belanghebbendes in die jagbedryf die geleentheid bywoon en hul insette lewer.
    1 min
  • EU baan weg om Kanada eerste geassosieerde lid te maak
    Internasionaal en die EU baan die weg om Kanada sy eerste geassosieerde lid te maak. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dié status is nie tans in die liggaam se verdrae nie en beteken nie volle lidmaatskap nie. Sy meen so 'n reëling kan samewerking tussen die EU en Kanada op gebiede soos handel, verdediging, tegnologie, energie en kritieke minerale verder versterk. Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, beywer hom vir nouer bande met Europa namate betrekkinge met Amerika en president Donald Trump versuur. Carney het vroeër die dag oor Kanada se verhouding met Amerika gepraat:
    1 min
  • SA Verkiesingskommissie keur 136 000+ kandidate goed
    In Suid-Afrika het die Verkiesingskommissie byna 136 800 kandidate goedgekeur om op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deel te neem. Groot metro's soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni sal stembriewe met twee kolomme gebruik weens die groot aantal politieke partye. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op 'n nuuskonferensie gesê aansoeke om spesiale stemme sal op 21 September open:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.