Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • SA kleinhandelverkope styg 3,4% in Julie
    Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope was in Julie 3,4-persent hoër as dieselfde maand verlede jaar. Die groei is hoofsaaklik aangevuur deur algemene handelaars, ander kleinhandelaars en winkels wat klere, skoeisel en voedselprodukte verkoop. Verkope het ook met 2,5-persent toegeneem vergeleke met Junie. Raquel Floris van Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het oor die drie maande tot einde Julie met 2,2-persent gegroei vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar:
    1 min
  • Gemengde boerdery voordelig vir beesboere: Akkerbouraad
    Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad, beklemtoon die toenemende belangrikheid van gemengde boerdery vir beesboere. Tydens sy toespraak vanoggend by die Nasionale Akkerbou- en Tuinbou-toekenningsgeleentheid in Gobabis, het hy gesê dat die kombinasie van beesboerdery en gewasverbouing aan boere ’n veerkragtige en selfonderhoudende sakemodel bied wat koste verlaag en teen weerskommelinge beskerm.
    1 min
  • Landbouministerie, Unam snoer kragte saam
    Die landbouministerie het 'n memorandum van ooreenkoms met Unam onderteken om saam te werk aan navorsing, werk-geïntegreerde leer en hulpbrondeling. Adjunkminister Ruthy Masake het tydens die ondertekening beklemtoon dat die ooreenkoms akademiese navorsing en nasionale beleidsuitvoering sal oorbrug.
    1 min
  • Capricorn-groep jaarresultate wys waarde ondanks uitdagings
    Capricorn-groep het in sy geouditeerde jaar resultate vir die jaar wat op 30 Junie 2026 geëindig het, 'n wins na belasting van 1,87 miljard Namibiese dollar aangemeld, 6,4 persent laer as die vorige jaar. Johan Maass, die groep se finansiële direkteur, sê die resultaat toon die waarde van die maatskappy se gediversifiseerde portefeulje en gedissiplineerde finansiële bestuur in 'n uitdagende omgewing, veral gegewe die swakker ekonomiese toestande in Botswana. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Grondhervorming 'moet meer deursigtig wees'
    Die IPC doen 'n beroep op groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in Namibië se grondhervormingsproses. Die party se skaduminister van landbou en grondhervorming, Michael Mulunga, het kommer uitgespreek oor die aanstelling van die nuwe Raadgewende Kommissie vir Grondhervorming en aangevoer dat die keuringsproses nie voldoende openbare deelname en toesig ingesluit het nie. Hy dring ook aan op strenger monitering van plase wat deur middel van die Fonds vir Grondverkryging en -ontwikkeling verkry is, met die argument dat grondherverdeling verder moet strek as bloot die toewysing van grond en moet fokus op die skep van volhoubare lewensbestaan.
    1 min
  • Jeudiges pleeg meeste moorde in Wes-Kaap
    Die nasionale kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgala, sê bendes werf jongmense om ernstige misdade, insluitend moord, te pleeg. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig bendes gebruik doelbewus jongmense omdat die strafregstelsel jong oortreders anders hanteer as volwassenes, wat hulle kwesbaar maak vir uitbuiting deur georganiseerde misdaadgroepe. Thobakgala sê bendes het gewoonlik 'n duidelike rangorde en sekere jong oortreders kom uit gesinne met 'n geskiedenis van bende-lidmaatskap:
    1 min
  • Nictus Holdings bring motordienste na Hosea Kutako-lughawe
    Nictus Holdings het sy voetspoor vir motorverwante dienste na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgebrei met die opening van 'n gedeelde fasiliteit vir Auas Motors, Glasfit en TrenTyre. Die ontwikkeling bring voertuigverkope en -ondersteuning, motorruitdienste, banddienste en motorverhuringsdienste byeen in een toeganklike gebied by die lughawe. Philippus Tromp, die groep se besturende direkteur het meer.
    1 min
  • SA regering wil steeds met VSA praat: Roelf Meyer
    Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê die regering wil dialoog met Washington voortsit, selfs in 'n moeilike diplomatieke tyd. Amerika het nuwe beperkings ingestel op persone wat volgens hom verantwoordelik is vir of medepligtig is aan beleid wat rasgegronde diskriminasie bevorder, dreigende geweld teen rasse- of etniese minderhede aanhits, of onteiening sonder vergoeding bemiddel in Suid-Afrika. Meyer het aan die SABC gesê die versterking van diplomatieke bande is belangrik:
    1 min
  • NamPol-opleiding NQF-5 geakkrediteer
    Ingrypende hervormings word by wetstoepassingsopleiding ingestel, aangesien die Namibiese Kwalifikasie-owerheid die Namibiese polisiemag se Sertifikaat in Polisiewerk amptelik op NQF-vlak 5 geakkrediteer het. Dit bring al vier NamPol-opleidingsinstellings landswyd onder volle akkreditasie. Dit beteken ook dat die duur van die basiese opleiding verdubbel van ses maande tot 'n volle jaar, en dat die kursus van 6 modules tot 11 uitgebrei word. NamPol se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê hulle mik na akkreditasie van meer kursusse.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.