Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Sonoppervlak beleef talle uitbarstings
    Die oppervlak van die son was die afgelope tyd besig met reuse X- en M-klas-sonuitbarstings wat deur Nasa gemonitor is. Van die uitbarstings is vasgelê met strome gelaaide deeltjies na die Aarde gestuur is. Dit kan ook 'n redelike groot impak op die planeet hê soos professor Pieter Meintjies, astrofisikus by die Vrystaatse Universiteit verduidelik.
    1 min
  • AWB steun Rubio se visumbeperkings
    Die Afrikaner Weerstandsbeweging, AWB, sê dit steun die aankondiging deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, van visumbeperkings vir Suid-Afrikaanse amptenare wat met grondonteiening en rassediskriminasie verbind word. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê AWB-president Steyn von Rönge dat hierdie stap lank reeds nodig was sodat dinge in die land kan verander.
    1 min
  • Trump dreig tariewe te midde van Kanada-EU samewerking
    Die Amerikaanse president Donald Trump dreig om handelstariewe op Europa te plaas, na nuus dat die EU hard daaraan werk om Kanada as sy eerste geassosieerde lid te verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat die Kanadese premier Mark Carney gesê het die ooreenkoms sal fokus op samewerking in veral verdediging en energiesekuriteit. Trump is glad nie bëindruk met dié verwikkeling nie:
    1 min
  • M-pokke bevestig in Wes-Kaap, Gauteng en KZN
    Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika het tussen 14 Augustus en 17 September een onbevestigde en 18 bevestigde M-pokke-gevalle gehad. Vyftien gevalle is in Kaapstad aangeteken, drie in Gauteng, en die onbevestigde een in KwaZulu-Natal. Die betrokke individue is tussen 23 en 50 jaar oud. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, waarsku mense om uit te kyk vir M-pokke-simptome:
    1 min
  • Koning Charles het kommer oor KI
    Koning Charles het leiers in kunsmatige intelligensie gewaarsku teen die gevare indien die tegnologie in die verkeerde hande sou beland. Dit volg nadat twee Anthropic-navorsers gewaarsku het KI se vinnige vordering kan moontlik in die nabye toekoms tot die mensdom se uitwissing lei. Koning Charles sê kunsmatige intelligensie kan lewens red en verbeter, veral wat lewenswetenskappe en medisyne betref. Hy voeg egter by daar is ʼn dringende behoefte om die gevare te oorweeg indien sulke tegnologieë op katastrofiese maniere gebruik word:
    1 min
  • IUM se RusNam-sentrum bevorder uitruilings, onderrig
    Die stigter van die International University of Management en voorsitter van RusNam, David Namwandi, sê die universiteit brei sy vennootskap met Russiese instellings uit na gesamentlike wetenskaplike navorsing en akademiese uitruilings. Dit volg na drie jaar van suksesvolle Russiese taalonderrig deur die RusNam-sentrum. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus bevestig Namwandi dat die fokus verskuif na navorsing en fakulteitsuitruilings met vennote soos die Perm State Pedagogical University. Namwandi het meer:
    1 min
  • Renmotors brul die naweek op Henties
    Na sowat 14 jaar sal Hentiesbaai Saterdag weer gasheer speel vir ’n tydren. Die laaste byeenkoms op Hentiesbaai is in 2012 deur die Walvisbaai-motorklub gehou, wat ook Saterdag die vierde rondte van die 2026 Namibiese nasionale tydrenkampioenskap sal aanbied. Die JAC Motors-tydren begin om tienuur by die Hentiesbaai gholfklub. Francois Lottering deel meer met Kosmos 94.1 Nuus:
    1 min
  • Groot opgewondenheid vir die Windhoek-skou
    Die 2026 Windhoekse Landbou- en Vee-skou sal na verwagting dié jaar stampvol sterk deelname van vee sowel as geleenthede vir plaaslike handel en innovasie in die kollig plaas. Harald Schmidt, uitvoerende hoof van die Windhoekse Skougenootskap, sê bykans 500 beeste van 11 verskillende rasse is geregistreer, tesame met meer as 500 skape en bokke van nege rasse. Die skou vind van 29 September tot 3 Oktober by die Windhoekse Skouterrein plaas, met hoogtepunte wat die "Just Fun"-pretpark en 'n vuurwerkvertoning op 1 Oktober insluit. Schmidt het meer.
    1 min
  • NaCC keur 19 samesmeltings goed
    Die Namibiese Mededingingskommissie sê hy het 19 samesmeltingstransaksies goedgekeur, met vyf onderhewig aan voorwaardes en 14 volledig goedgekeur. Die voorwaardelike transaksies dek farmaseutiese grootmaataankope, marmer en graniet, landbougrond, varkproduksie en belegging. Kommissie woordvoerder Dina /Gowases sê een van die samesmeltings wat goedgekeur is sluit FAO Healthcare se oorname van Nampharm in. Sy verduidelik die voorwaardes van die goedkeuring:
    1 min
  • Staatshospitale, -klinieke moet beter omsien na pasiënte
    Die adjunk-uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Taimi Amaambo, het gesondheidsorgfasiliteite aangemoedig om toe te sien dat pasiënte se bekommernisse en klagtes behoorlik ontvang en spoedig aangespreek word. Amaambo het die by die Windhoek Sentrale Hospitaal gemaak tydens die herdenking van Wêreldpasiëntveiligheidsdag 2026.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.