Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Toesig oor dobbeladvertensies word versterk
    Die Nasionale Dobbelraad en die Advertensie-reguleringsraad het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om toesig te versterk oor dobbeladvertensies en verbruikers-beskerming. Dit sal tradisionele en digitale platforms dek, insluitend televisie, radio, reklameborde en sosiale media. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, sê die vinnige groei van aanlyn dobbelary vereis nouer samewerking om te verseker advertensies voldoen aan regulatoriese en etiese standaarde:
    1 min
  • Nasria kondig goeie finansiële resultate aan
    Birgit Hoffmann, die adjunkvoorsitter van die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, sê die maatskappy het uitstekende finansiële resultate in 2025/26 behaal. 'n Wins van 97 miljoen Namibiese dollar is aangeteken en 'n dividend van 17 miljoen dollar is aan die regering, Nasria se hoof-aandeelhouer oorhandig. Hoffmann het by Nasria se jaarvergadering gepraat.
    1 min
  • Donderstorms, wind oor naweek in sommige dele
    Weerstoestande sal na verwagting vanaf vanaand oor groot dele van Namibië meer aktief raak namate verskeie afsny-laedrukstelsels oor die streek op mekaar inwerk. Die meteoroloog Albertina Anderson van die weerdiens sê donderstorms en sterk wind kan in dele van die land verwag word. Sy het meer:
    1 min
  • Unam-gesprek oor onopgeloste onregte eer Lubowski
    Unam bied Maandag om 5-uur 'n rondetafelgesprek op sy Windhoek-kampus aan wat fokus op aanspreeklikheid, geregtigheid en wat die organiseerders beskryf as die stryd om Namibië se "ware onafhanklikheid". Die geleentheid, wat gehou word ter ere van die vermoorde regsgeleerde en onafhanklikheid-voorstander Anton Lubowski, bring verskillende stemme byeen om te besin oor die land se bevrydingsgeskiedenis, onopgeloste onregte en die land se toekoms. Anton se dogter, Nadia Lubowski, beklemtoon die belangrikheid van die bespreking.
    1 min
  • NV in duister, komitee oor volksmoord word gestig: Job
    Die leier van die Affirmative Repositioning-party, Job Amupanda, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat 'n Gekose Komitee oor Volksmoord gestig sal word om wetgewers voor te berei vir die komende Gesamentlike Verklaring tussen Namibië en Duitsland. Amupanda waarsku dat die parlement onvoorbereid is en in die duister gehou word in vergelyking met die Duitse Bundestag, en gewaarsku teen 'n laaste-minuut-indiening wat LP's kan dwing om die ooreenkoms sonder behoorlike ondersoek te onderskryf. Hy het bevestig dat hy die mosie formeel sal indien om die komitee se omvang te definieer en die nalatenskap van vroeë volksmoordmosies wat deur oorlede leiers soos opperhoof Kuaima Riruako ingedien is, te beskerm.
    1 min
  • Trump hou vol VSA wen, Iran stort ineen
    Amerikaanse president Donald Trump het herhaal dat Iran 'n ooreenkoms wil bereik maar nog nie bereid is om die voorwaardes wat hy meen nodig is, te aanvaar nie. Een van die grootste probleme is die Straat van Hormuz, die strategiese waterweg waardeur 'n aansienlike deel van die wêreld se olie normaalweg beweeg. Ontwrigting in die Straat het druk op wêreldwye energiemarkte geplaas. Trump sê hy het die keuse om Iran te verwoes of nie, en hy voeg by dat enige iets kan gebeur:
    1 min
  • Bok-vroue het plan om Wallis te klop
    Rugby: Die kaptein van die Springbok-vrouespan, Babalwa Latsha, sê hul wedstrydplan sal die sleutel wees om Wallis vanaand te klop in hul eerste W-15-wêreldreekswedstryd op Cardiff Arms Park. Die twee lande het al agt keer teen mekaar gespeel en Wallis het ses keer gewen, insluitend in 2014 se Wêreldbekertoernooi. Latsha sê hulle het 'n spesifieke plan en manier waarop hulle wil speel om Wallis se verwagte skopaanslag teen te staan:
    1 min
  • Kry verslag nou klaar, hoor ad hoc-komitee
    Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde uitstel verkry. Didiza sê hy hoef nie oor alles saam te stem nie, maar meningsverskille kan in die verslag vermeld word:
    1 min
  • Dis ons plig om Kuba te help: NNN
    'n Solidariteitsete ter ondersteuning van Kuba het meer as 19 miljoen Namibiese dollar in beloftes ingesamel en sodoende die aanvanklike doelwit van 5 miljoen Namibiese dollar oortref. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het burgers aangemoedig om die fondsinsamelingspoging te steun en beklemtoon dat Namibië se bystand nie 'n blote transaksionele liefdadigheidsdaad is nie, maar 'n blywende morele verpligting wat uit wedersydse opoffering voortspruit.
    1 min
  • Bewyse dat VSA aanval op Iranse skool oorlogmisdaad is
    ʼn Paneel menseregte-kenners van die Verenigde Nasies sê hulle het redelike gronde gevind dat Amerika in twee aanvalle in Iran waarin minstens 178 burgerlikes dood is, oorlogsmisdade gepleeg het. ʼn Nuwe verslag deur die onafhanklike internasionale feite-sending in Iran het bevind die missiel-aanvalle in Februarie op ʼn laerskool in Minab en ʼn sportkompleks in Lamerd kan beskou word as aanvalle wat burgerlike sterftes of skade aan burgerlike infrastruktuur veroorsaak het. ʼn VN-woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê die bevindings is kommerwekkend:
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.