Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Lesotho en Suid-Korea vier 60 jaar van diplomatieke betrekkinge
    Lesotho en Suid-Korea het tydens 'n geleentheid in Maseru 60 jaar van diplomatieke betrekkinge herdenk. Lesotho se minister van Indiensneming en Arbeid, Ts'eliso Mokhosi, het die verhouding beskryf as een van wedersydse respek en samewerking. Hy het Suid-Korea se ondersteuning vir vaardigheidsontwikkeling deur die Koreaanse Internasionale Samewerkingsagentskap beklemtoon. Mokhosi sê Lesotho wil die samewerking verder uitbrei op gebiede soos hernubare energie, landbou, vervaardiging, toerisme en digitale dienste:
    1 min
  • Gendev Fishing Group-werknemers vra vir veranderinge
    Meer as 600 werknemers van Gendev Fishing Group dring in 'n petisie aan op veranderinge in die maatskappy se leierskap en bestuur, en spreek kommer uit oor werksomstandighede en salarisbetalings. Hulle beweer dat die ooreenkoms vanaf Augustus in 'n basiese salaris van sowat 6 000 Namibiese dollar voorsien. Die petisie voer aan dat werknemers nie na normale werk teruggekeer het nie ná die beëindiging van 'n staking van 28 dae ongeveer 'n maand gelede. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê hoewel hulle grondige kommer het, leierskap-verandering volgens 'n behoorlike arbeidsproses moet geskied.
    1 min
  • Cran bevestig kuber-aanval op Verdedigings-ministerie
    Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië sê dit werk met rolspelers om tegniese ondersteuning te bied na die kuberaanval op die ministerie van Verdediging. Cran sê ‘n Namibië Cyber Security Incident Response Team-analise het bevestig die internasionale RansomHouse-groep is vir die kuber-aanval verantwoordelik – dit het reeds verlede Saterdag plaasgevind. Vroeër die week het die lynminister Frans Kapofi gesê hy is nie bewus van die omvang van die aanval nie en is net gesê dat daar tegniese uitdagings is om toegang tot inligting te verkry. Cran-woordvoerder, Mufaro Nesongano:
    1 min
  • Sokker: Sundowns gereed vir Al Ahli-uitdaging
    Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, sê Al Ahli se sterbelaaide span skrik nie sy span af nie. Sundowns pak die Saoedi-Arabiese klub vanmiddag op Loftus Versfeld in die eerste ronde van die FIFA Afrika-Asië-Stille Oseaan-beker. Cardoso sê die uitslag sal afhang van die span se vertoning, moeite en konsentrasie. Sundowns is nog onoorwonne hierdie seisoen en het vir die toernooi gekwalifiseer nadat die klub die CAF Kampioeneliga gewen het. Cardoso sê die span is trots om Afrika te verteenwoordig:
    1 min
  • Boere, tref voorsorg vir moontlike El Niño-droogte
    Namibiese boere word aangemoedig om vroegtydig voorsorg te tref vir die moontlike impak van wydverspreide droogte, met die verwagte El Niño wat ondernormale reënval vir die 2026/27-reënseisoen kan bring. Plaaslike owerhede, insluitend die Rehoboth-dorpsraad, neem reeds stappe om veegetalle te beperk om weiding en waterbronne te beskerm. Leigh-Ann Nehoya, 'n ekonoom by die Namibiese Landbou-unie, sê egter boere moet voorberei sonder om paniekerig te raak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Kantema sê beskerming van kinders almal se verantwoordelikheid
    Die minister van Geslagsgelykheid, Emma Kantema, sê die beskerming van kinders se welstand is 'n verantwoordelikheid wat deur almal ernstig opgeneem moet word. In 'n toespraak by die SOS Kinderdorp in Windhoek het Kantema Namibië se verbintenis tot internasionale en kontinentale raamwerke, insluitend die VN-konvensie oor die Regte van die Kind en die Afrika-Handves oor die Regte en Welsyn van die Kind, beklemtoon. Sy sê dat hierdie verdrae 'n belangrike fondament lê om te verseker dat kinders beskerm, gehoor en gelyke geleenthede gegee word om hul volle potensiaal te bereik.
    1 min
  • Copps 94.1: 2026 Operation Basadi loods in hoofstad
    Met "Operation BASADI" wat die week landwyd geloods is, het die Namibiese polisie hul patrollies hier in die hoofstad van stapel gestuur om veral die geveg van geweld teen vroue en kinders te verskerp. Die Copps 94.1 span het saam met die polisie patrollie gedoen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering vertel ons meer van ‘n huisbrand en ‘n ongeluk in die Windhoek middestad:
    2 min
  • Toesig oor dobbeladvertensies word versterk
    Die Nasionale Dobbelraad en die Advertensie-reguleringsraad het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken om toesig te versterk oor dobbeladvertensies en verbruikers-beskerming. Dit sal tradisionele en digitale platforms dek, insluitend televisie, radio, reklameborde en sosiale media. Die raad se waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, sê die vinnige groei van aanlyn dobbelary vereis nouer samewerking om te verseker advertensies voldoen aan regulatoriese en etiese standaarde:
    1 min
  • Nasria kondig goeie finansiële resultate aan
    Birgit Hoffmann, die adjunkvoorsitter van die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, sê die maatskappy het uitstekende finansiële resultate in 2025/26 behaal. 'n Wins van 97 miljoen Namibiese dollar is aangeteken en 'n dividend van 17 miljoen dollar is aan die regering, Nasria se hoof-aandeelhouer oorhandig. Hoffmann het by Nasria se jaarvergadering gepraat.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.