Nuus

Nuus

By Kosmos 94.1News
Download on the App Store

Nuus episodes

  • Namibiese boere gereed vir 2026 Lamb Champs Invitational
    Stigterslid van die NamLamb-inisiatief, Len de Jager, sê hy is vol vertroue dat die 10 Namibiese boere wat aan die 2026 Lamb Champs Invitational in Suid Afrika gaan deelneem, stof in hul teenstanders se oë sal skop. Vanjaar se “ïnvitational” vind die 31ste Oktober in Pretoria plaas. De Jager het met Kosmos 94.1 by die bekendmaking van die Namibiese span praat en sê dis tyd dat Namibië erkenning kry vir sy hoë-gehalte lams-vleis:
    1 min
  • Vermeende reeksverkragter aangekeer in SA
    'n Ses-en-dertigjarige man is aangekeer vir die verkragting van 14 vroue in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die polisie sê sy eerste beweerde aanval was in Januarie 2020 in Mahlabathini, KwaZulu-Natal. Hy is aangekeer en op borgtog vrygelaat, waarna hy verdwyn het. Woordvoerder Robert Netshiuna sê die man het daarna na bewering sewe vroue verkrag in Pongola, een in Paulpietersburg en een in Magudu, almal in KwaZulu-Natal, en vier in Germiston, Gauteng:
    1 min
  • IPPR: Gemeenskappe moet baat by mineraal-ontginning
    Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê gasheergemeenskappe moet direk baat vind namate Namibië 'n kritieke mineraaloplewing in die gesig staar. Voor 'n nasionale dialoog op 22 September het IPPR-direkteur Graham Hopwood uitgelig dat die ontginning van litium en seldsame aardmetale naby bevolkte dorpe soos Uis plaasvind. Hy het die regering aangespoor om by die Extractive Industries Transparency Initiative (EITI) aan te sluit om verantwoordbaarheid te verseker en korrupsie te bekamp. Hopwood het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

    Graham Hopwood Maandag
    1 min
  • Kaapstad veroordeel aanval op verkeersbeamptes tydens straatwedren
    Die Stad Kaapstad veroordeel die naweek se aanval op verkeersbeamptes tydens ʼn onwettige straatwedre in Paardeneiland. Volgens die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, het beamptes Vrydagaand twee motoriste gearresteer vir roekelose en nalatige bestuur, en deelname aan ʼn onwettige straatwedren. Die wedren is egter teen middernag voortgesit wat tot ʼn derde inhegtenisneming gelei het. Smith sê toe die beamptes op die voertuig beslag wou lê, het die skare vyandig geraak en ʼn vierde verdagte is aangekeer:

    JP Smith Maandag
    1 min
  • Swakopmund-munisipaliteit ontken Desert Dunes Film Studio-bewerings
    Die Swakopmund-munisipaliteit ontken bewerings dat hy 'n aansoek van 300 miljoen Amerikaanse dollar vir die Desert Dunes Film Studio-ontwikkeling geïgnoreer het. Die munisipaliteit hou vol die projek kan nie voortgaan sonder bewys van finansiële kapasiteit en 'n vereiste sekuriteit-s-deposito nie. Uitvoerende vervaardiger Guy Nockels waarsku dat vertragings in die verkryging van 115 hektaar grond die belegging kan dwing om na Botswana te verskuif. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê munisipale woord-voerder Linda Mupupa dat die munisipaliteit oop bly vir gesprekke, maar streng omsigtigheid moet volg om te verhoed dat prima grond leeg-staan:
    1 min
  • Rhodes Universiteit Sportraad: Hou GBV-beskuldiges verantwoordelik
    Die Sportraad van Rhodes-universiteit in die Oos-Kaap sê mense wat skuldig is aan geslagsgeweld en vrouemoord moet aanspreeklik gehou word, nie die slagoffers nie. Die raad se voorsitter, Sue Smailes, het tydens 'n studente-geleide optog gepraat oor die dood van nege vroue in Ekurhuleni. Sy sê daar word dikwels van slagoffers verwag om hul gedrag te verander, eerder as om oortreders tot verantwoording te roep. Smailes beskryf geslagsgeweld as 'n nasionale krisis en vra daadwerklike optrede vanaf die strafregstelsel:

    Sue Smailes Maandag
    1 min
  • Nampol: Wees versigtig vir aanlyn-werkslenters
    NamPol doen 'n beroep op werksoekers om uiters versigtig te wees met werksadvertensies op sosiale media, in die lig van berigte oor mensehandel. Die NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat aansoekers werwingsbesonderhede onafhanklik by amptelike kantore moet verifieer voordat hulle reis. Sy het daarop gewys dat belangrike waarskuwingstekens beloftes van buitengewoon hoë salarisse, visumfooie wat vooruit betaal moet word, en werwers wat slegs via privaatboodskappe kommunikeer, insluit. Shikwambi het werksoekers gewaarsku om nooit fooie te betaal of oorspronklike identiteitsdokumente te oorhandig nie:
    1 min
  • AU: El Niño is meer as 'n weer-verskynsel
    Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, die Blou Ekonomie en Volhoubare Omgewing, Moses Vilakati, sê El Niño is meer as 'n weer-verskynsel en raak landbou, waterbronne, voedselsekerheid en ekonomieë. Vilakati het lidlande aangemoedig om vroeë waarskuwings te omskep in vroeë optrede met droogtebestande gewasse, waterbesparing, die beveiliging van voedselreserwes en genoeg beskikbare voer vir vee. Hy vra owerhede om gewasse, vee, waterbronne en voedselvoorrade te beskerm deur vroegtydig en gesamentlik vir moontlike droogte voor te berei:
    1 min
  • Stad Ekurhuleni doen nie genoeg om vroue te beskerm nie
    Die DA se burgemeesterskandidaat in Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die Stad doen nie genoeg om vroue te beskerm nie. Een van die nege slagoffers in die Ekurhuleni-moorde, Elizabeth "Tsontso" Moselakgomo, word vandag ter ruste gelê in Phake-Ga Rankaila in Mpumalanga. Rasilingwane sê vroue behoort nie in vrees te leef in hul gemeenskappe nie. Sy vra ook strenger veiligheidsmaatreëls en beter wetstoepassing:
    1 min
  • Landbou-ministerie bekom N$40m om graan van plaaslike boere te koop
    Die ministerie van landbou sê dit het 40 miljoen Namibiese dollar bekom om graan van plaaslike boere te koop wat nie die vorige seisoen se oes kon verkoop nie. Baie boere hou steeds hul graan-oeste in stoor, en hoe langer dit lê, hoe groter is die risiko dat dit kan bederf wat groot finansiële verliese kan meebring. Die Ministerie erken dat die 40 miljoen dollar moontlik nie genoeg is om alle klein- en medium-skaalse boere se oeste te koop nie. Waarnemende uitvoerende direkteur, Petrus Nangolo sê hulle is steeds op soek na addisionele befondsing.
    1 min

About Nuus

From the publisher's feed

Kry die nuus soos dit breek.